Woordspel…Wagkamer Konsternasie

1 Mar

Daar sit hulle, knit-one-skip-one, al in die rondte teen die wagkamer se mure. Al ken almal mekaar, word daar nie ‘n woord gerep nie. Die wir-wir van die lugversorging verbreek die stilte, en in die hoek op die televisie seil ‘n Bok oor die doellyn vir nog ‘n drie in hul wêreldbekerstryd teen die All Blacks. ‘n Paar van die mans staar vasgenael na die wedstryd. Al die vrouens is gatvol vir rugby.

Lizanette sit agter die toonbank. Sy is die ontvangsdame, rekeningeklerk, verpleegster, dokter se tweede regterhand en skelmpie. Presies hoe dit moet wees op ’n klein dorpie. Sy is mooi, dalk is smeulend eerder die regte woord; en sy weet dit. Sy kan voel hoe Kleinjan, die hoërskool se stêr-heelagter se oë haar uittrek vandat hy daar ingestap het. Sy bloos nie eers nie. Kleinjan kyk weg.

“Ahhhhh, Ahhhhhh, Ahhhhhh – TIIISSSUUUUEEEEE”, Lizanette onthou sy het laasweek in een van Dokter se joernale gelees dat ‘n nies teen 150 kilometer per uur kan beweeg. Die gedagte het skaars  geflikker of daar was absolute konsternasie.

Oom Willie was die nieser. ’n Millisekonde na die aardskuddende nies het Pietgeld opgespring en sy bril soos ‘n wafferse diskusgooier die lug in gewerp. Almal was meteens op hul voete, en daar was ‘n skielike kakofonie van klank wat die stilte van oomblikke terug verja het.

Baba Marais gee haar longe lug, en Ant Anna Verwey het ‘n aerosol blikkie uit haar handsak gegryp en is nou besig om al die kieme moertoe te spuit. Arme Oom Kallie sit nou met Pietgeld se bril op sy skoot en Oom Willie is so rooi soos ‘n oorryp somertamatie. Skielik was daar doodse stilte. Almal staar na die bril. Tant Sarie wys met haar vinger. Marie, die verwagtende ma, hardloop hand voor die mond by die toilette in. Daar, groen en slymerig sit dit teen die brilglas op Oom Kallie se skoot. ’n Groot bol van Oom Willie se snot.

Nou is daar weer konsternasie en Lizanette besluit dat dit nou dalk die beste tyd is om vir Oom Willie uit die spêrvuur uit te kry. Met ’n hand geklem om sy voorarm stuur sy hom in die rigting van die eerste en beste deur, en boender hom onseremonieël daarin. ”Ag fok”, is Lizanette se eerste gedagte.

Hulle word met ’n bloedstollende gil aan die anderkant van die deur begroet. Siestog, sekondes gelede lê die wulpse Juffrou Benade van die laerskool oopgespalk voor Dokter (want op klein dorpies is die dokter sommer ginekoloog ook), en probeer dink aan strande en palmbome terwyl dokter haar, uhm, diens… en nou staan Oom Willie grootoog voor haar besig om sy bril reg te skuif. Dit is eers toe Oom Willie met sy regterwysvinger begin wys, dat Lizanette uit haar eie beswyming wakkerskrik en Oom Willie in die rigting van dokter se kantoor stuur. Ongelukkig vir Dokter was Juffrou Benade se tweede reaksie (dis nou na die gil waarvan Lizanette se ore nou nog tuit), om te skop – en is hy tans besig om soos Schumacher spoed op sy wielietjiestoel op te tel, om net weer met ’n moerse geraas van vallende stainless steel met die toerustingkas kennis te maak.

So ’n geraas lok moes toeskouers, en voor jy kan sê operasiemes staan almal in die ondersoekkamer. Juffrou Benade het intussen opgespring en haarself, met ’n veels te kort hospitaaljurkie eenkant by die venster staangemaak. Groot-oog van die skok draai sy om en probeer ’n bietjie selfrespek te herwin deur haar boude (wat na die mense in die ondersoekkamer gedraai is) toe te hou. Haar ondeurdenkte aksie veroorsaak nou ’n getoetery uit die straat en gefluitery vanaf die sypaadjie, soos sy aan die dorp vertoon waar Dawid (haar man) die wortel begrawe. Skaars vyf sekondes later was daar ’n skreeu van remme en ’n oorverdowende slag. ’n Ongeluk. Dominee van Rijn se aandag was vir ’n netelige oomblik afgetrek. Die neus van Dominee se 1985 Merc is nou vierkantig geplant onder die bak van Sarel Hoender se 2011 Hilux. Sarel Hoender het geen probleem daarmee om ’n dominee te vloek nie. Juffrou Benade verloor alle beheer en val flou.

Dit is met die dat Oom Willie by die kantoor uitloer, net om weer deur die visie van Juffrou Benade se skaamte begroet te word. ” Nee, hel, ’n man is nie ’n klip nie” mompel hy soos hy ongeerg by Lizanette verbyskuifel oppad deur toe. ”Wat van Oom se afspraak?”, vra Lizanette. ”Ek sal oor vyftien minute terug wees hartjie. Ek gaan net vlugtig by Tant Truitjie om die hoek ’n draai maak.”

Gewapen met ’n beker suikerwater het Lizanette weer orde in die spreekkamer bewerkstellig. ”Dit is soos ’n flippen Laurel & Hardy movie vanoggend”, glimlag sy. Die pasiënte het weer almal plek ingeneem. Almal behalwe Oom Willie natuurlik wat seker more sal terugwees. Hy sukkel tog so met die Alzheimers. Daar is natuurlik nou twee pasiënte by. ‘n Bebliksemde Sarel Hoender met ‘n kneusplek op sy been, en ‘n baie skaam Dominee van Rijn met ‘n knop teen sy voorkop.

Die volgende twee ure verloop heel vlot. Marie se baba groei mooi. Ant Anna kry haar mediese sertifikaat vir haar VISA aansoek om haar kinders in Kanada te besoek. Baba Marais is al gillende in Mamma Marais se arms daaruit, na haar inentings. Oom Kallie het sy nuwe voorskrif vir sy blou pilletjies in sy hande, en is reguit apteek toe met ’n huppel in sy stap en die wysie van Queen se Don’t Stop Me Now, al fluitende op sy lippe.

Pietgeld die bankbestuurder is oppad uit met ’n salfie vir sy jongste ipekonder, met Sarel Hoender al stomende agterna, want ”Ek sit en mors sy fokken tyd, die plaas wag”. Daar is nou doodse stilte in die wagkamer.

Lizanette het tien minute terug by die ondrsoekkamer in verdwyn met ’n glimlag op haar lippe. ”Dokter vat net gou ’n middagete breek”. Soos dit vir Kleinjan klink sit iemand nou-nou met ’n breuk na hierdie breek.

Dominee sit nog in bepeinsing sy sondes en bely met die hoop dat hy nie met blindheid geslaan sal word oor wat hy gesien het nie. Lizanette verskyn met ’n blos op die wange en maak met wankelrige bene reguit vir die stoel agter die ontvangstoonbank. Kleinjan die rugbyheld merk dat die boonste knoop van haar kort, wit uniform nog oop is. Kleinjan hoop Dokter sien vir dominee eerste, want hy durf nie nou opstaan nie. Die ereksie voor in sy broek is al seer – nie eers van die natkol te praat nie, en daar is geen manier om dit nou te probeer versteek met ‘n opstaanslag nie. Hel, die visuele van Lizanette en Juffrou Benade is net een te veel vir ‘n jimpel matriekseun.

Kleinjan loer na Dominee se sedige gesig aan die oorkant van die wagkamer. Sy seer ereksie herhinner hom aan die rede vir sy besoek aan Dokter. Kleinjan kan in sy geestesoog vir Dominee op die preekstoel sien Sondag. ”Hel, vandag se gebeure gaan sorg vir ’n ordenklike preek Sondag”, dink hy met ’n skewe, half stoute glimlag.

”Ai Dominee, as jy tog maar net weet hoekom ek in pyn hier sit, met bekommernis dat my voël gaan afvrot. Jou klein engeltjie, Santie, het my met ’n STD beloon.”, dink Kleinjan.

”Kleinjan, dokter sal jou nou sien.”, hoor Kleinjan en sy bloed stol onmiddelik.

Lizanette kyk in sy rigting….die skielike stem het ook vir Dominee laat opkyk.

Albei se oë is afwagtend op hom gerig.

”Ag fok, lyk nie of my selfsugtige skietgebedjies werk met ’n dominee in die wagkamer nie”.

** OK, ek gaan my luigat in rat kry…en belowe om die beloofte opvolg binne die volgende week te plaas **

10 Responses to “Woordspel…Wagkamer Konsternasie”

  1. Dellie Julie 13, 2011 at 12:15 nm #

    😆 Ek het nou lekker gelees! En geen bloed nie?:mrgreen:

  2. Son Julie 13, 2011 at 4:11 nm #

    😆 😆 Wat van ‘n vervolg?😉

    • demoerin Julie 14, 2011 at 7:18 vm #

      😆 Goeie idee, miskien kan iemand dan doodgaan of opgeblaas word.

  3. Bileam se Donkie Julie 13, 2011 at 7:28 nm #

    Liewe hemel, hoekom het ons nie soveel pret op onse plattelandse dorpie nie? Ek het nog nooit sulke wonderlike dinge hier rond gesien nie! Baie, baie snaaks!

  4. jagternw1976 Julie 14, 2011 at 10:04 vm #

    Moer funny !! Daar moet beslis ‘n deel 2 wees.

  5. Charms Julie 14, 2011 at 2:47 nm #

    Maak jy my nou lekker lag op ‘n nie-so-lekker-Donderdag. Dankie😆

  6. Ruiter Maart 1, 2013 at 11:19 vm #

    Nou sit ek en wag in die dolter se spreekkamer en lees weer hierdie- dankie vir die lekker lag voor ek die dok moet “face”!

    • demoerin Maart 1, 2013 at 11:47 vm #

      Hoop nie die dokter maak te seer nie…lol

  7. Son Maart 1, 2013 at 3:35 nm #

    Dit voel nou vir my of ek in ‘n timewarp is😈

  8. Toortsie Maart 2, 2013 at 8:54 vm #

    Sjoe!!!! Behoorlike konsternasie…..😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: