WEW….14032013

14 Mar

Ek wonder hoekom die Nasionale Vervolgings Gesag….nou skielik na 25 jaar beendere gaan oopkrap? Wat wil hulle hiermee bereik? As hulle vir Winnie en enige van haar “football club” thugs wou aanvat…was die beste tyd nie 25 jaar terug nie?

Ek wonder verder hoe die verbod op die verkoop van alkohol op ‘n Sondag, gaan help met die bekamping van drankmisbruik….

Derdens……

Waaroor ek nie wonder nie, is hoekom die nuwe pous gekies het om as Francis I bekend te staan. Dit bly vir my een van die gebede wat my poging tot ware menswees en Christenskap perfek opsom.

Here, maak my ‘n instrument van U vrede,
Dat ek liefde mag bring waar daar haat heers,
Eendrag waar onenigheid heers,
Hoop waar wanhoop heers,
Blydskap waar droefheid heers.

Gee, Here dat ek nie sal soek om getroos te word nie, maar om te troos,
Nie om begryp te word nie, maar om te begryp.
Nie om te ontvang nie, maar om te gee,
Want wie gee, ontvang;
Wie homself vergeet, vind;
Wie vergeef, sal verfifnis ontvang.

– St Fransiskus van Assisi –

 

8 Responses to “WEW….14032013”

  1. Kameel Maart 15, 2013 at 1:00 nm #

    Ai kon elke kind van God maar daardie gebed uitleef.

    • Ruiter Maart 19, 2013 at 7:41 nm #

      Dis darem verfrissend dat die nuwe Pous praat van genade en uitreik na die armstes van armes, in plaas van prag en mag…
      Wie gaan die Vervolgingsgesag nou aanpak?

  2. kindvanafrika16 Maart 22, 2013 at 8:24 vm #

    ek kan my altyd verwonder hoe die mense soos pouse en predikante, of sommer net mense in gesag, hulle self beter en meer verhewe as ons ou gewone jan allerman hou….

    God het elkeen na Sy beeld geskape, en dit is jou eie skuld as die spieël wat jy uitleef anders lyk vir die een wat daarin staar!!!!!!!!!

    dit is seker nodig vir leiers om daar te wees, maar om jouself verhewe te ag en nie vir die mensdom te werk nie, is volgens my, net daar waar hul almal die pad byster raak, as jy eers vir jouself in plaas van ander wil verhef, glo ek jy is op die verkeerde pad

    daardie woorde in die gebed hierbo is waarna elkeen van ons elke dag moet streef, en dan sal dit ons en ons omgewing ‘n beter plek maak

    • demoerin Maart 25, 2013 at 8:59 vm #

      Ek lees in die koerant oor die naweek, dat hy die klien winkeltjie in Buenos Aires, wat elke oggend sy koerant afgelewer het, persoonlik gebel het om sy aflewering te kanselleer….die ou het gedink dit is ‘n prank call.

      • kindvanafrika16 Maart 25, 2013 at 9:05 vm #

        ek dink soms die mense in ons regering en so ook die meeste kerkgangers dink die lewe is ‘n prack call, die dat hulle sit en wag om te kyk wie eerste die regte ding gaan doen

  3. Toortsie Maart 25, 2013 at 11:43 vm #

    Ek is ook baie lief vir daardie gebed. Dis in ons liedboek.

    • demoerin April 2, 2013 at 3:26 nm #

      😆 …dit is op my “begrafnislysie”

  4. brieweuitdievreemde April 1, 2013 at 5:42 nm #

    Alhoewel ek myself nie regtig kan moeg maak met kerke, pouse en so aan nie, dink ek ook dit is nogal significant dat hy juis hierdie naam gekies het. Ek hoop hy hou dit gestand.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: