January..February.. March..March..March..

24 Apr

Al wat ‘n unie is mobiliseer hulle lede alweer om die moolah-dans in die strate te doen. En dit is nog maar die begin……..

Ek probeer hierdie ding vir myself uitpluis. Natuurlik sonder enige sukses. Ons land se onderwys is al klaar besig om in die gutters tussen die bollie rond te dryf, maar onderwysers kan dit goeddink om ‘n skooldag af te vat om in die strate te gaan dans en sing. Die busdrywers loop ook tans te voet en die metaalwerkers unies van die motorbedryf laat weet al klaar dat hulle vir 20% gaan vra. Die staatsdienswerkers is seker ook nie vêr agter nie….en ek is amper seker daarvan daar is nog onuitgesorteerde nonsens met die myners saam.

Die feit dat die ekonomie knie-diep in die stront is maak natuurlik nie saak nie. Die feit dat maatskappye mense sal moet aflê om die ander se verhogings te kan bekostig is seker ‘n saak vir more. Oor ses maande word daar weer gedans oor die werkloosheid, want daar sal ‘n paar duisend nuwes wees.

Hierdie sirkus met die werkers, en die staat se nasionaliserings-praatjies veroorsaak ook dan verder dat die buiteland eerder hulle geldjies na ander Afrika-lande neem vir investering. Word wakker ANC! Suid-Afrika word nie meer gesien as die deur na Afrika nie!

Maar die ANC sal maar aanhou om die unies se nonsens op te vreet, want hulle het die stemme nodig vir die volgende verkiesing. Daar is ‘n mantel van politiek oor alles gesprei!

Ek herhaal my facebook status van vanoggend…..

January..February..March..March..March.

It is at times like this, during the South African strike season,

that I wish we had an Iron Lady,

or at least leaders in Government with some Iron Balls.

Advertisements

6 Responses to “January..February.. March..March..March..”

  1. Vlooi April 24, 2013 at 1:38 nm #

    Op hierdie oggend wat vanoggend is het ek met so halwe oor geluister hoe ‘n busdrywer die volgende stelling maak om te regverdig hoekom hulle 8% wil hê

    Hy reken die maatskappy kan die hoër salarisse betaal want hulle kry mos reeds die tickets se geld. Ook het hy die abacus uitgeruk en met sekerheid gesê dat indien die maatskappy die tickets duurder maak sal daar dus meer geld wees om vir hulle as busbestuurder te betaal – want sien ALLES is mos duurder. Hy wat Mnr Busbestuurder is moet dan reeds soveel meer vir transport betaal en kos en klere en en en …..

    Ek het my kop geskud en saggies geprewel – help my hier gaan ons alweer. Die opvoeding is net nie daar nie.

    • Vlooi April 24, 2013 at 1:39 nm #

      18% ek tik met dieselfde abacus as wat hy die som gemaak het = )

  2. Kameel April 25, 2013 at 1:13 nm #

    ‘n Mens sou kon lag as dit nie so hartseer is nie.

  3. Son April 25, 2013 at 2:57 nm #

    Dis net malligheid – skoon stapelgek malligheid. Kyk waar staan die petrolprys – die rand is in sy kanon in. En verhogings bly op inflasievlak – wat glo 6 of so persent is – vir ons wat NIE march nie. Fok weet waar gaan ons opeindig, want ek weet nie meer nie.

  4. Louwie April 26, 2013 at 7:27 nm #

    Dis so maklik as 1 + 1 = 3. Ondersteun belaglike looneise soos in die Wes-Kaap, werkers word afgedank, (wit) werkgewers word as die honde uitgewys, stakers breek en brand, ANC sê stem vir ons, ons sal dit fix. En siedaar, nog `n weghol oorwinning by die stembus en JZ kies homself vir nog `n termyn of twee soos sy vriend in Zimgabe (of is dit nou Robzimbwe?).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: