Tag Archives: madiba

Ek wil iets sê….

27 Jun

Dit is wreed.

Dit is uiters wreed om ENIGE persoon te laat ly.

Ek hoop dat masjiene nie ingespan word vir selfsugtige redes nie.

Dit is hartseer vir familie ja.

Dis is sekerlik kommerwekkend vir die ANC dat hulle stemwinning-troefkaart kritiek in die hospitaal lê.

Ek bid dat common sence sal seëvier.

Dit is wreed.

Geen persoon verdien om te ly nie.

portal-graphics-20_1157200a

Vrydagskool…Verjaarsdagpartytjie

16 Jul

Ek bak nou al die hele week aan hierdie sjokoladekoek van astronomiese, guinness rekord proporsies. Hy staan voor in die klas, en ek wil graag hê elkeen van die 49 miljoen Suid-Afrikaners moet ‘n stukkie daarvan proe. En hopelik sal almal help om nie die 92 kersies uit te blaas nie, maar help om die legaat van ‘n uitsonderlike man aan die brand te hou.

Gelukkige Verjaarsdag vir Sondag, 18 Julie 2010, Madiba. In my oë is jy die laaste wêreldleier wat nog sy respek verdien het.

"There is no passion to be found in playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living"

Ek hoop dat die wêreld Sondag hulle vuvuzelas gaan blaas, ter ere van ‘n uitsonderlike man.