Tag Archives: televisie

Uitsig….Uitsug?

25 Jan

Hierdie was my uisig die grootste gedeelte van die naweek. Goed, nie heeltemal nie, want ek het nie die hele naweek lank Manhattan Murder Mystery gekyk nie. Kyk, ek het hulle deurgewerk – ‘Allo ‘Allo op BBC, flieks op die fliekkanale (Ingesluit City Slickers II, met ‘n baie cool animasie aan die begin van die fliek), Rugby en Krieket, America’s Got Talent, American Idol, Carte Blanche, Last Choir Standing ens. ens.

Snaaks genoeg is daar in sekere tydgleuwe soveel crap dat mens as ware opeindig met meer alleen en dinktyd as wat jy gedink het gaan gebeur

Die ander snaakse ding is dat ek nooit advertensies kyk nie. Ek het hierdie naweek probeer om die advertensies ook te kyk, juis omdat daar soveel kak op die ander kanale was, dat dit nie eers sou gehelp het vir jou om te surf nie, en van hulle was nogal oulik.

Ek het ‘n paar lesse geleer die naweek. Jy hoef nooit bekommerd te wees as jy die uitsending van ‘n program gemis het nie. Hy gaan weer iewers gewys word, meer as een keer, Carte Blanche het uitgewys hoekom ons nie moet wonder hoekom Eskom so pateties is nie, Land Rover het ‘n cool ad vir die Discovery 4, Jeep het ook ‘n cool ad van ‘n Wrangler in die woestyn…. en Survivor Santa Carolina het die mees irriterendste fokken advertensies ooit ( en dit is die tipe ads wat veroorsaak dat ek nie die goeies kyk nie).

PS. Ek het selfs in ‘n rare gebeurtenis dit op kamera vasgelê toe Mantu en Vroutu ook bespreek het hoe irriterend die Survivor advertensies is.