WEW…16042013

16 Apr

Ek wonder watter tipe mens plant ‘n bom of twee waar duisende onskuldige mense bymekaar is? Uit watter tipe yskoue staal is jou hart gesmee, dat jy net kan wegloop sonder om om te gee oor wie gedood of beseer gaan word?

Terreur aanval is die dekmantel wat hulle daaroor wil gooi. Ek gaan onskuldige mense na ‘n vroeë graf stuur; of vermink laat vir die res van hulle lewens – net omdat ek ‘n punt wil maak.

My brein maal dit oor en oor en die resultaat is elke keer dieselfde; dit is onverstaanbaar.

Wat ek wel verstaan is dat daar nou gesinne sonder ouers is.

Wat ek wel verstaan is dat daar ‘n gesin is, wat vandag minus ‘n 8-jarige kind is.

Dit is daaroor wat my hart uitmekaar wil skeur, want hy is nie gesmee uit yskoue staal nie.

7 Responses to “WEW…16042013”

  1. Vlooi April 16, 2013 at 3:03 nm #

    die tipe mens DMI wat nie om jou of my braaivleisvuur sal sit nie.

    die tipe mens wat geen respek het vir homself nie – dus ook nie vir ‘n ander nie

    die tipe mens wat niks in hom het nie – nie eens ‘n yskoue hart van staal nie

  2. Son April 16, 2013 at 3:06 nm #

    Dis nie iets wta my en jou kop kan uitredeneer nie. Dis hoe ek oor alle oorlog voel. Hoekom kan ons nie in vrede saamlee fnie. Hoekom is daar fanatici? Die hokeoms sal mens mal maak. Dis wanneer ek eerder net nie nuus wil kyk nie.

    • demoerin April 17, 2013 at 2:33 nm #

      Geld en Mag Son…geld en mag. As jy dit eers het doen hulle flippen enigiets om daaraan vas te klou.

  3. lekkerjeuk April 18, 2013 at 4:24 nm #

    Dit is verskriklik sad – en maak my ook demoerin. Geen regdenkende mens sal so iets uitdink nie – die mense is sekerlik koekoes.

  4. Kameel April 19, 2013 at 10:13 vm #

    Weet so ‘n hart enigiets van liefde af? Die vers het by my opgekom terwyl ek lees.
    “But if your eye is bad, your whole body will be full of darkness. If therefore the light that is in you is darkness, how great is that darkness!!

  5. Louwie April 25, 2013 at 7:28 nm #

    Dit is maar wat fanatisisme aan mens doen DM, of jy nou Chriten of Moslem of ateïs of wat ook al is. Die “ander” is altyd minder mens as jy en mag vermoor en vermink word met woorde of met wapens. En as dit van jou `n held maak in die oë van jou mense en jou god, dan is jy in staat tot gruwelike onmenslikheid.

Lewer kommentaar