WEW…29052013

29 Mei

Dit is moeilik om te luister na nuus. Dit is moeilik om te kyk na nuus. Dit is moeilik om nuus te lees. Dit is moeilik om sonder hartseer na my kinders te kyk.

Dit is kinderbeskermingsweek.

Kinders boelie kinders. Daar is kinderhandel. Daar is kinderprostitusie. Daar is kinder dwelmmisbruik. Kinders word vermoor. Kinders moor. Kinders pleeg selfmoord. Kinders word mishandel. Kinders is honger. Kinders is dors. Kinders het nie huise nie. Kinders word vetgevoer. Kinders leef van McDonalds. Kinders doen nie sport nie. Kinders lees nie. Kinders het die beddens nie. Kinders leef op straat. Kinders verwag babas. Kinders sorg vir kinders. Kinders kry nie liefde nie.

Nou wie de moer beskerm die kinders?

My hart is stukkend. My gemoed is pikswart.

Dit is kinderbeskermingsweek.

One Response to “WEW…29052013”

  1. Louwie Junie 7, 2013 at 7:01 nm #

    Skandelik soos dit is DM, is dit so en was dit nog altyd so. Kinders is en was nog altyd magteloos teen die aanslae uit alle oorde. en vreemd genoeg lyk dit of die Human rights brigade meer begaan is oor gay-regte, vroue regte en rassisme, as oor die lot van kinders.
    Wees lief vir joune, wees goed vir ander s’n waar jy kan. dit is min of meer die beste wat ons kan doen.

Lewer kommentaar