Onthou Jy….die righteous dude?

29 Aug

Een van my gunsteling classics….

Die fliek waarmee elke skoolgaande kind kon identifiseer…you just could not help adoring Grace, and hating Ed.

Al was die rol van Grace (Edie McClurg) net ondersteunend, was dit definitief nie ‘n karakter wat ek vinnig vergeet het nie. Daar was ‘n paar “killer” tonele, ondersteun deur perfekte toneelspel.

5 Responses to “Onthou Jy….die righteous dude?”

  1. Krokodil Augustus 29, 2011 at 9:52 vm #

    Ek hou van daai “gedoende” hare. In my kinderdae het al die vooraanstaande tantes op die dorp eenkeer ‘n week hulle hare by Charles se haarsalon so laat “doen” en dan met so ‘n kussinkie onder die nek geslaap dat die haredos nie spoil nie. Eintlik verbyster dit mens dat ons ou volkie nie daardie tyd in negatiewe bevolkingsgroei ingegaan het nie.

  2. Xena Phoenix Augustus 29, 2011 at 11:11 vm #

    Bietjie voor my tyd.

  3. Son Augustus 29, 2011 at 12:01 nm #

    is dit erg as ek erken dat ek nooit die fliek gesien het nie? 😯

    • Bileam se Donkie Augustus 29, 2011 at 1:26 nm #

      Ek was ook mal oor daardie fliek, net baie hartseer oor die Ferrari se lot…

  4. Pikkelik Augustus 30, 2011 at 11:58 vm #

    Dit was ‘n crazy fliek! Ek wonder nog steeds of hulle toe die speedo agtertoe gedraai het met al hulle reverse! 😆

Lewer kommentaar