Kinders van Afrika…Krotoa

19 Jan

Krotoa is as 10 – of 11 jarige Khoi meisie in die huis van Jan van Riebeeck ingeneem as bediende etlike dae na hy in die Kaap aangekom het. Sy het sommer vinnig ook Hollands en Portugees baasgeraak en soos haar Oom, Autshumao (Harry die Strandloper) dikwels as tolk opgetree in handelstransaksies.

In 1662 word Krotoa die eerste inheese inwoner van suidelike Afrika om gedoop te word. Sy is hierna Eva genoem. Van Riebeeck het kort hierna die Kaap met sy familie verlaat, en Eva in die huis van Wagenaer, die nuwe Goewerneur, agter gelos.

Op 26 April 1664 word Eva se verlowing aan die Deense soldaat, dokter en ontdekkingsreisiger, Pieter van Meerhof aangekondig. Hulle is op 2 June van dieselfde jaar getroud. In Wagenaer se dagboek is die gebeurtenis aangeteken as “The first marriage contracted here according to Christian usage with a native.” Wagenaer het ook ‘n groot bruidskat aan Eva gegee… en aangesien dit slegs 12 jaar na Van Riebeeck se aankoms in die Kaap was, het hierdie gemengde kleur huwelik nog geen wenkbroue laat lig nie, en was daar selfs ‘n partytjie by die Goewerneurswoning.

Van Meerhof was aangestel as Superindent van Robbeneiland, en hy, Eva en hul twee kinders verhuis. Van Meerhof is ‘n paar jaar later op ‘n ekspidisie na Madagaskar in ‘n onderonsie dood.

Eva en die 3 kinders trek toe in 1668 terug na die vasteland toe, waar sy vir ‘n ruk ‘n gerespekteerde lewe in die Europese gemeenskap gelei het. Ongelukkig het Eva begin drink, wat vinnig in alkoholisme oorgegaan het. Sy het haarself ook tot prostitusie gewend. Wagenaer het haar gewaarsku om haarself reg te ruk, waarna Eva probeer vlug het sonder haar kinders. Sy is gevang, en in Maart 1669 na Robbeneiland gestuur. Eva sterf 5 jaar later op Robbeneiland op 29 Julie 1674.

Die twee jongste kinders, Salamon en Pieternella (Ja, soos in Dalene Matthee se boek) was Mauritius toe geneem in 1677 en Pieternella het later met die vryburger, Daniel Saayman getrou. Hulle het 4 seuns en 4 dogters gehad, waarvan die een dogter na haar Ouma, Eva vernoem is. Hulle het in 1709 teruggetrek Kaap toe. Daar is min bekend oor Pieternella se ander broers en susters, maar daar word beweer dat bloedlyne van Eva af deurgetrek kan word tot by Paul Kruger, Jan Smuts en selfs FW de Klerk.

13 Responses to “Kinders van Afrika…Krotoa”

  1. BB Januarie 19, 2011 at 12:11 nm #

    Here’s to alcohol: the cause of and answer to all of life’s problems!! 👿

    • demoerin Januarie 19, 2011 at 12:15 nm #

      Imagine net hoe oorbevolk sou Robbeneiland vandag gewees het.

  2. Xena Phoenix Januarie 19, 2011 at 12:27 nm #

    Pieternella van die Kaap!! Een van my gunstelinge – ek is juis nou weer besig om dit te lees.

    Ek wonder of die settelaars gewetenloos of net onkundig was. Om mense verslaaf te maak vir jou eie gewin is nie iets wat iemand vandag sal goed keur nie.

    • demoerin Januarie 19, 2011 at 1:32 nm #

      Ek sal ook nou maar Pieternella moet gaat lees.

      • Son Januarie 19, 2011 at 4:07 nm #

        Dis een van die boeke in my rak wat nog wag om gelees te word – nou sal ek dit moet gaan uithaal 🙂

        Lekker stukkie geskiedenis.

        • Xena Phoenix Januarie 21, 2011 at 8:21 vm #

          Ek is bitterlik, bitterlik teleurgesteld.

          • demoerin Januarie 21, 2011 at 9:02 vm #

            Te minste is Son my een voor… sy het al die boek 😆

  3. Knipoog Januarie 19, 2011 at 2:20 nm #

    Hoe interessant was die nou nie! Wonder wat die hoe kokedore sal dink van die moontlike bloed van Eva wat deur hulle are vloei 😉

    • demoerin Januarie 20, 2011 at 7:28 vm #

      Hiehie – Ek sit nogal dieselfde en dink. Volgens wat ek gelees het is daar baie blanke Suid-Afrikaners met so bietjie gemengde bloed.

  4. Plein Januarie 19, 2011 at 2:32 nm #

    oe lekker leer ek nou. Baie interessant!

  5. Charms Januarie 27, 2011 at 3:16 nm #

    Ek sal dan seker ook nou Pieternella moet gaan lees.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Lat vir my gat? « Kouevuur - Januarie 20, 2011

    […] Ek “tag” vir Demoerin […]

Lewer kommentaar