Onthou Vandag Se Kinders

22 Jun

Dit is nou ‘n week na 16 Junie, sogenaamde Jeugdag in Suid-Afrika.

Ek dink dit is tyd dat die regering begin fokus op die Jeug van vandag en more, en ophou om hulself vas te staar in die herdenking van en partytjies oor iets wat meer as drie dekades terug gebeur het.

Hoe kan jy ‘n gebeurtenis van 36 jaar terug met saamtrekke en onnodige spandabelrigheid gedenk, as daar in die hede, in 2012, jeug is wat die aandag en beskerming van hul regering vereis?

Daar is kinders wat op straat lewe. Daar is kinders in skole wat halfpad deur die jaar nog nie boeke ontvang het nie. Daar is kinders wat aan die hoof van huishoudings staan. Daar is kinders wat hul boeties en sussies se “kleuterskool” is op ‘n daaglikse basis, terwyl Ma en Pa gaan werk sodat hulle kan eet. Daar is kinders wat verkrag word. Daar is kinders wat gemolesteer word. Daar is kinders wat mishandel word. Daar is kinders wat doodgeslaan word.

Daar is kinders wat nie die vreugde van kindwees ken nie. ‘n Kind moenie die bekommernisse van ‘n volwassene hê nie. Dit moet nie nodig wees vir kind om te bekommer oor ‘n dak oor sy kop of waar vanaand se ete vandaan gaan kom nie. Geen kind moet koud of honger gaan slaap nie.

Hoe vier jy Jeugdag liewe Regering as jy nie die belange van vandag se jeug op jou hart dra nie?

Daar is te veel fokus op hoe die regering vandag vir hulleself kan lekker maak, terwyl hulle vergeet dat die jeug van vandag, more se leiers moet wees. Ek dink ook hulle vergeet dat die kinders van vandag, die toekoms se kiesers gaan wees.

Dit is pateties om elke jaar ‘n dag, 36 jaar terug te onthou, en van vandag se jeug te vergeet.

Ek luister weereens na een van die mees inspirerende liedere, Whitney Housten se Greatest Love of All. Die heel eerste strofe is:

I believe the children are our future

Teach them well and let them lead the way

Show them all the beauty they possess inside

Give them a sense of pride to make it easier

Let the childrens laughter remind us how it used to be

Kinders leer uit voorbeeld. Wys liefde, en hulle leer liefde. Wys respek, en hulle leer respek. Lag saam met hulle. Lei met jou voorbeeld, en hulle sal volg. ‘n Kind het nie net nodig om boeke-kennis te leer nie, die fondament moet mensekennis wees.

 

Ek bid dat ‘n dag sal kom wat 16 Junie 1976 ‘n herinnering is sonder om vandag se jeug te vergeet. Ek bid dat elke jeugdige hulle nie sal laat lei deur die verkeerde voorbeelde nie. Ek bid dat elke kind in ‘n warm bed sal kan slaap met ‘n vol maag. Ek bid dat elke kind die geleendheid tot opvoeding sal hê, op kulturele, morele en akademiese vlak. Ek bid dat elke kind ‘n plek sal vind waar hulle veilig is, en met liefde oorstroom word. Ek bid dat elke kind die kans sal hê om kind te wees. Ek bid dat elke kind in Suid-Afrika sal lag. Ek bid dat ek die regte tipe voorbeeld vir my kinders kan wees. Amen.

10 Responses to “Onthou Vandag Se Kinders”

  1. murphy Junie 22, 2012 at 10:33 vm #

    Alles waar wat jy hier sê!

  2. Bileam se Donkie Junie 22, 2012 at 1:02 nm #

    Baie sinvolle blog vandag, DMI!

  3. Rustig Junie 23, 2012 at 11:43 vm #

    Wat my die meeste pla is dat die meeste wat die dag vier nie nog nie eers gebore was nie. Anderkant vat dit ook nie baie om die “village idiots” se aandag van die ware probleem af te trek nie.

    • demoerin Junie 28, 2012 at 11:31 vm #

      Dalk is dit hoekom hulle nie skoolboeke kry nie.

  4. Son Junie 23, 2012 at 7:07 nm #

    Amen!

  5. Blixer Junie 23, 2012 at 10:32 nm #

    Amen!

  6. Gogga Junie 24, 2012 at 11:36 vm #

    Wel dis mos baie makliker om ‘n gebroke kind ‘n storie te spin en beloftes te maak waarvoor hulle sal val want een ding wat ons almal aan vasklou is hoop. As hulle ongeleerd is en dan “groot” is kan hulle van alle kante af belowe word en hulle sal glo en stem soos wat hulle voorgesê word.
    En dan begin alles weer van voor af.

  7. Panama Junie 24, 2012 at 1:21 nm #

    En wanneer doe je dat, bidden? Wanneer doen jullie dat, jongens en meisjes, bidden? Elke dag toch? Lees je bijbel, bid elke dag! Elke dag, als je blij bent, en gezond. Maar ook als je wel eens verdrietig bent, of ziek. Altijd kun je bij de Here terecht. Altijd mag je met de Here praten, en alles mag je aan de Here vertellen.

  8. gold account Julie 8, 2012 at 12:04 vm #

    Ja, dit is seker een van die grootste voorregte vir ‘n ouer om sy kind te leer bid. Hoeveel van ons het nie as klein kindjie reeds ons eerste gebedjie aan moedersknie geleer nie? Daardie rympie wat ons geleer het, bly ons seker die res van ons lewe by. Ek onthou eenkeer hoe ‘n geharde misdadiger in die tronk in trane na die Here gekom het met die gebedjie wat hy by sy mammie geleer het: “Ek is ‘n kindjie klein; o Heer, maak my hartjie rein.”Maar nou moet ek sommer ook dadelik daarby sê dat ons liewer nie rympie-gebede aan ons kinders moet leer nie. Dit veroorsaak so maklik dat die kind onbewustelik begin glo dat net seker formules verhoor kan word, en dan het hulle dikwels in hulle latere lewe probleme om in die openbaar te bid.Die heel beste is dus om elke aand vir jou kindjie tyd te maak, oor die dag se sake te gesels en hom te vra waaroor hy vanaand met die Here Jesus wil praat. Help hom dan om in sy eie eenvoudige woorde daardie sake voor die Here te bring.Pasop tog net op dat jy nooit vir daardie kinderlike gebed lag nie. Ons een seuntjie het begin om te bid dat die duiwel tot bekering moet kom, en ons het dit baie amusant gevind. Toe hy agterkom dat sy ouers vir sy gebed lag, het hy vir jare geweier om weer hardop te bid. Ons het amper ‘n kind se hele geestelike ervaring verongeluk deur ons onbedagsaamheid.Leer jou kinders dat ‘n mens vanselfsprekend bid oor elke deel van jou dag. Ons kinders het gou geleer dat ons eers bid voor ons met die motor vertrek, en as Pappa dalk vergeet, sal ‘n kinderstemmetjie van die agterste sitplek hom gou herinner: “Pappa, eers bid!”Miskien moet ek nog net dít bysê. Dit is goed om jou kindjie te help om sy gebed ook by vandag se Bybelgedeelte te laat aansluit. So leer hy van kleins af om op die Woord van die Here te antwoord.Baie geluk met daardie pragtige gawe uit die hand van die Here. Mag hy nooit, wanneer hy groot is, enige probleme hê om oor elke saak te bid nie. Mag sy gebede vir hom net so natuurlik as asemhaling wees.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Plekke waar ek (en ander blogmaats) al lekker gebly het | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie - Junie 27, 2012

    […] DMI se voorstel: Magaliesburg toe…ons het in die bushlodge gedeelte gebly – baie lekker, en een van […]

Lewer kommentaar