Archive | 7:16 vm

Vrydagskool…Skinderhoekie

25 Mar

OK, so het tannie Liz toe nou uiteindelik haar laaste asem uitgeblaas. Ek sou sê 79 is nie sleg vir iemand met soveel mans, elke denkbare alkoholiese drankie en drug op jou kerfstok nie. Snaaks genoeg was sy wel groter as groot (nie in size nie) en het hierdie manewales blykbaar net nooit saakgemaak nie…

Nou vir die skindernuus. Het julle geweet?

Haar eerste man was mos ‘n Hilton. Yip, van die hotelgroep faam. Nou dit laat my aan twee dinge dink – Dit is ongelooflik dat ‘n formidabele vrou soos Dame Liz en ‘n loskop wannabe soos Paris ‘n van eentyd gedeel het, maar nou terug na die skindernuus.

Die einste Meneer Hilton het in sy dae ‘n seksuele verhouding met sy stiefma gehad. En ja, sy pa en stiefma was toe nog getroud. Raai raai wie die stiefma was? Die einste Zsa Zsa Gabor!

Dit blyk hierdie celebs is dalk meer connected as die Italiaanse Mafia.

Enige skinder wat jy dalk wil deel?