Archive | 8:45 vm

Vrydagskool…In Reverse

4 Mar

Soos julle almal seker nou al weet, is ek bietjie van ‘n feitvraat… OK, bietjie baie sal ek erken.

Vandag gaan ons so bietjie die klaskamer omkeer, letterlik in reverse gooi. Ek is seker daarvan julle almal weet baie van baie dinge wat ek niks van weet nie.

Vandag gaan ek julle vra om my, en ons medeklasmaats ‘n bietjie te onderrig….

Iets interessants onlangs gelees? ‘n Interessante of mooi musiekvideo raakgekyk op Youtube? Dalk ‘n naam raakgelees uit ons land se kleurvolle geskiedenis (gekskiedenis?)…. Gooi ‘n woord of ‘n link hier, en versprei jou kennis! (Ons sal self gaan google 😆 )