Ek wil iets sê….

27 Jun

Dit is wreed.

Dit is uiters wreed om ENIGE persoon te laat ly.

Ek hoop dat masjiene nie ingespan word vir selfsugtige redes nie.

Dit is hartseer vir familie ja.

Dis is sekerlik kommerwekkend vir die ANC dat hulle stemwinning-troefkaart kritiek in die hospitaal lê.

Ek bid dat common sence sal seëvier.

Dit is wreed.

Geen persoon verdien om te ly nie.

portal-graphics-20_1157200a

WEW…29052013

29 Mei

Dit is moeilik om te luister na nuus. Dit is moeilik om te kyk na nuus. Dit is moeilik om nuus te lees. Dit is moeilik om sonder hartseer na my kinders te kyk.

Dit is kinderbeskermingsweek.

Kinders boelie kinders. Daar is kinderhandel. Daar is kinderprostitusie. Daar is kinder dwelmmisbruik. Kinders word vermoor. Kinders moor. Kinders pleeg selfmoord. Kinders word mishandel. Kinders is honger. Kinders is dors. Kinders het nie huise nie. Kinders word vetgevoer. Kinders leef van McDonalds. Kinders doen nie sport nie. Kinders lees nie. Kinders het die beddens nie. Kinders leef op straat. Kinders verwag babas. Kinders sorg vir kinders. Kinders kry nie liefde nie.

Nou wie de moer beskerm die kinders?

My hart is stukkend. My gemoed is pikswart.

Dit is kinderbeskermingsweek.

January..February.. March..March..March..

24 Apr

Al wat ‘n unie is mobiliseer hulle lede alweer om die moolah-dans in die strate te doen. En dit is nog maar die begin……..

Ek probeer hierdie ding vir myself uitpluis. Natuurlik sonder enige sukses. Ons land se onderwys is al klaar besig om in die gutters tussen die bollie rond te dryf, maar onderwysers kan dit goeddink om ‘n skooldag af te vat om in die strate te gaan dans en sing. Die busdrywers loop ook tans te voet en die metaalwerkers unies van die motorbedryf laat weet al klaar dat hulle vir 20% gaan vra. Die staatsdienswerkers is seker ook nie vêr agter nie….en ek is amper seker daarvan daar is nog onuitgesorteerde nonsens met die myners saam.

Die feit dat die ekonomie knie-diep in die stront is maak natuurlik nie saak nie. Die feit dat maatskappye mense sal moet aflê om die ander se verhogings te kan bekostig is seker ‘n saak vir more. Oor ses maande word daar weer gedans oor die werkloosheid, want daar sal ‘n paar duisend nuwes wees.

Hierdie sirkus met die werkers, en die staat se nasionaliserings-praatjies veroorsaak ook dan verder dat die buiteland eerder hulle geldjies na ander Afrika-lande neem vir investering. Word wakker ANC! Suid-Afrika word nie meer gesien as die deur na Afrika nie!

Maar die ANC sal maar aanhou om die unies se nonsens op te vreet, want hulle het die stemme nodig vir die volgende verkiesing. Daar is ‘n mantel van politiek oor alles gesprei!

Ek herhaal my facebook status van vanoggend…..

January..February..March..March..March.

It is at times like this, during the South African strike season,

that I wish we had an Iron Lady,

or at least leaders in Government with some Iron Balls.

WEW…16042013

16 Apr

Ek wonder watter tipe mens plant ‘n bom of twee waar duisende onskuldige mense bymekaar is? Uit watter tipe yskoue staal is jou hart gesmee, dat jy net kan wegloop sonder om om te gee oor wie gedood of beseer gaan word?

Terreur aanval is die dekmantel wat hulle daaroor wil gooi. Ek gaan onskuldige mense na ‘n vroeë graf stuur; of vermink laat vir die res van hulle lewens – net omdat ek ‘n punt wil maak.

My brein maal dit oor en oor en die resultaat is elke keer dieselfde; dit is onverstaanbaar.

Wat ek wel verstaan is dat daar nou gesinne sonder ouers is.

Wat ek wel verstaan is dat daar ‘n gesin is, wat vandag minus ‘n 8-jarige kind is.

Dit is daaroor wat my hart uitmekaar wil skeur, want hy is nie gesmee uit yskoue staal nie.

Hoe Ironies…

25 Mar

Terwyl Bafana Bafana die CAR 2-0 klop in sokker Saterdag aand

………word Suid-Afrikaanse troepe in die CAR doodgemaak.