Archive | 7:29 vm

Die Week in ‘n Neutedop….

9 Jan

imgp0838-1Die jaar het afgeskop, 2008 is vergete in die verlede en 2009 het nesgeskop as die hede. Terwyl dit blyk dat sekere mense hul vingers weens frostbite verloor het, en nou nie meer kan tik nie, wil dit darem voorkom of die blogosfeer weer almal terug is in die tuig (ek is baie opgewonde want Krista het ‘n rooi pen aan my uitgereik om rooi strepe duer hierdie hoop papiere op my lessenaar te trek).

En alhoewel dit lyk asof almal ‘n lekker ruskansie gehad het, lekker in die son gebaljaar en argitek-argitek gespeel het, het die vakansie ook hartseer vir ander ingehou…. en die mense verdien spesiale BESTE WENSE! … en as iemand nog ‘n geldjie of verlofdaggie oorhet – maak ‘n draai in Angola, vir die res van ons kan ons dalkies nof ‘n fliek bekostig die naweek….maar ek weet ook nou nie meer so lekker nie.

Andere het weer geswoeg, (of is dit nou toesig gehou) terwyl andere net-net kop bo water gehou het met die run van ‘n gastehuis (ek dink ek sal hierdie jaar vir jou ‘n GI-Jane-Kit stuur).

Soos dit elke nuwe jaar betaam, word daar gewoonlik wonderlike planne en beloftes aan jouself gemaak. Ek maak geen voornemens nie, want ek hou nie daarvan om myself teleurtestel nie. Daar is egter in die blogosfeer wonderlike raad oor hoe ons die jaar dalk beter mense kan wees. LAG, EEN DAG OP ‘N SLAG, TEL JOU WOORDE, ‘N NUWE UITKYK EN FIKSHEID. Of jy kan dalk besluit om nie te drink hierdie jaar nie, en ‘n troeteldier afrigter word.

Baie belanrik vir 2009 is om goeie maatjies met wippie te maak en gereeld daar onder die maan en sterre in te loer. 2009 is mos Internasionale Sterrekunde jaar!

Ek is mos nou maar eenmaal ‘n feitevraat! Ek hou van dinge weet, al is dit net kort en kragtige lyntjies… ek wens ek was ‘n slak. Ek het ook geleer dat Tequila vir onmin kan sorg, gaan lees gerus verder dames!

Nog nuus is natuurlik die “nuwe” oorlog, of is dit dalk net “episode van ‘n oorlog” in die midde-ooste. Na soveel eeue se gesneuwel sien ek geen einde in sig nie. Die snaakse is dat hierdie mense letterlik met oorlog grootgeword het…en so gaan dit ook wees vir hulle kinders en kleinkinders, HARTSEER.

Johan het met ‘n reeks begin wat blyk baie interessant gaan wees. As jy ooit nou al daaraan gedink het om te “self-host”, of nog steeds besig is om die “tricks of the trade” te leer, dink ek hierdie reeks gaan die ding doen! Ek wil nog steeds kots as ek dink aan die patats met baie mayo… 😆

GAAN GROOT IN 2009!

My beste wense natuurlik vir ‘n naweek gevul met sluwe, onderwater gutterseks (ek hoop julle het geoefen die vakansie) … en dit maak nie saak of dit in die oggend of aand is nie … maak dit hierdie naweek sommer volle dae! HEEEEHAAAAA