Archive | 7:08 vm

5 Januarie 2009….Terug in die tuig

5 Jan

Vakansie en blogvakansie is verby, dit het so stilweg saam met 2008 in die verte oor die horison verdwyn. Trek is ook verby, uitpak so 99% want daar is ‘n paar dinge wat nog nie ‘n plek gevind het nie, en ‘n klompie papiere wat gesort en uitgegooi moet word voor dit weer in ‘n laai beland 😆

Ander verwikkelinge ook …. 😳 Meer daaroor op ‘n ander dag.

Alhoewel dit nie regtig voel of ek op vakansie was nie (my Engelse onderwyser op skool het altyd die gesegde “Crestfallen and Overtrotten” gebruik), glo en hoop ek dat 2009 vir julle almal ‘n MOERSE GROOT jaar gaan wees. Klou vas aan daai drome en probeer selfs net een ‘n werklikheid maak gedurende 2009!

Jane, nie te ver getrek nie … 😆 ek kyk nog steeds neer op die ander Jozi’s

Drink jou Red Bull en ry die 2009 Rollercoaster!