Archive | 1:17 nm

Skop die kangeroo se gat…. (Update)

23 Jan

Met 21 Balle oor…..

26/01/2009: Kan ons hoop vir nog ‘n gatskop – 7:45 Australië 167/6

Die Week in ‘n Neutedop….

23 Jan

imgp0838-12

Hierdie week word oor die wêreld gevier as ‘n geskiedkundige gebeurtenis. Amerika het die inhuldiging gesien van hulle eerste swart (of is dit nou bruin?) president. Ongelukkig voel ek die wêreld verwag te veel van die arme man, hy bly tog maar net ‘n mens…… en politikus.

Miskien is dit maar soos “fate” dit wou hê, ons sal maar wag en sien – want kan ek julle nou verseker, as Mnr. Obama by Ouma Kenya grootgeword het, het hy skape opgepas. En dan natuurlik Suid-Afrika 2009 – Mens kan maar mos droom!

So gepraat van groot verwagtinge, die vraag is gevra oor hoe re-invent jy jouself? Die antwoord bly sekerlik tog, jy kan nie. Jy is oor jare gevorm deur die omgewing waarin jy jou bevind, jou opvoeding en later persoonlike keuses. Watter tipe dink van jouself moet jy hê, as iemand kan glo dat jy dalk jouself wil vorm om letterlik sy/haar mini-me te wees?

Ek sal saamstem dat ons net partykeer bietjie moet brieke aandraai, asem skep en stock vat van waar ons is, en waarheen ons oppad is (miskien sal ‘n trek die regte ding wees). Aan omstandighede kan jy dalk nog vernader, oor jou as mens voel ek so – Hier is ek, leef daarmee saam of f-off. Ek dink een van die grootste probleme van die hedendaagse stadsmens is ons is altyd oppad –  more, oormore, volgende week en selfs volgende maand.

Ons vergeet dikwels in die gejaag van vandag, en om ‘n daadwerklike poging aan te wend om VANDAG na die beste van ons vermoëns deur te sien voor ons wil begin kopsere en gryshare kry oor die toekoms. Daar is daai alombekende gesegde – Stop and smell the roses!

Iets wat my nogal ontstel het, en dit is vir my een van die redes hoekom dit so beroerd gaan in die skole met kinders se opvoeding, is die feit dat daar gewonder en geredekawel word of daar kondome vir die 12 jariges gegee moet word…… miskien moet sekere onderwysers teruggaan skool toe!

Sekere onderwerpe sal altyd ‘n draai nou-en-dan in die blogosfeer maak, soos byvoorbeeld gaan jy-ry-of-gaan-jy-bly? As jy besluit om te bly en jouself bietjie wil vermaak, wipneus het raad – of as jy vir Precious wil besig hou bedags kan jy ‘n paar tafeltjies gaan aanskaf (hou die Mr. Min net weg!)

Heel vermaaklik die week was ook natuurlik die bohaai oor ‘n sekere model se borste – hoekom sy skaam is weet ek nie, want daai foto is nogal mooi! Dit kom seker maar oor-en-oor neer op “In die nuus bly, anders word daar van my vergeet”. Meer interessant is egter die interessante uitkyk op die sprokies waarmee ons grootgeword het en natuurlik die heksie waarvoor ons almal so lief is.

Ek hoop julle het almal julle brilletjies reg vir maandag, en is seker wipneus gaan haar kiekies met ons deel …. (dit is ‘n skimp)

Size sal ook natuurlik gereeld sy kop uitsteek en sorg vir interessante gesprek. Blykbaar sal oefening help……. so sonder enige verdere gebabbel – OEFENTYD – My beste wense aan een en elk van die lesers vir ‘n naweek gevul met die beste, sluwe, onderwater gutterseks ooit!