Archive | 2:30 nm

Skop die Kangaroo se Gat…..

30 Jan

ALWEER!!!!

Neutedop…..

30 Jan

Om een of ander simpel rede verskyn die neutedop nie op die homepage nie…. maar wel onder die Neutedop Kategorie. Vandag hou ons dus skattejag….

Die Week in ‘n Neutedop….

30 Jan

imgp0838-13

En so het die sonsverduistering gekom en gegaan. Party was gelukkig om dit te sien en ander moes maar kiekies kyk. Die hemele het oopgemaak oor Jozi en dit reën nou al onophoudelik vir dae aan een. Dit voel al of ek nie meer nodig het om in ‘n swembad te klim om te swem nie!

Ons kaalvoet-traveller is terug met nog ‘n interessante brokkie uit die vreemde. Ek assosieer toer baie keer met sielskos. Daar is baie dinge wat die sielskos aan my verskaf bv. lees, kuns, gesprek en dan ook reis. Die lekker ding is dat dit nie altyd iets ingewikkeld hoef te wees nie.

Die mens is maar ‘n komplekse wese, vandaar seker die gewoonte om alles so ongelooflik ingewikkeld te wil maak. Wondere gebeur met jou as mens as jy die teenoorgestelde begin besef, en ook vreugde kan put uit die klein en partykeer simpel dingetjies – en sodoende daardeur ook ‘n bietjie beter blik te kan kry oor watter invloed jou doen en late op andere het.

Ek is ook net dankbaar die week vir die Afrikaanse blogosfeer. Is dit nie wonderlik om in jou taal te kan kommunikeer op die web nie? Daar is seker maar nog baie te doen, om meer en meer inligting in Afrikaans beskikbaar te kry. Met die Afrikaans op die web saam, ondervind ons seker maar almal interessante soekterme wat by jou uitkom – en kan mens ander probeer en sien waar dit jou uitbring.

So gepraat van blogs, het ek ook nogal hierdie week gewonder of ek enigsins iets van belang kwytraak? Tel my peroonlike opinies vir iets in die sosiale media? En dan lees ek die goed wat andere kwytraak – en ek voel beter.

Hierdie jaar het net te vinnig vir my weggespring. Ek voel al so en droom elke aand van koue bier op gekleurde strande; en daar is menigte middae wat ek voel ek wil ander padgebruikers net bietjie wakkerskud!

As jou nou nie speletjies gaan speel die naweek nie…. Laat my toe om toe te wens aan een en elk…… ‘n volgepropte naweek van die beste, sluwe, onderwater, gutterseks! HEEEHAAA Whoza-Weekend… en pasop – blykbaar is daar ‘n nuwe malkoei daarbuite!