Archive | 7:04 vm

Waaroor Ek Wonder (WEW) 2009 – 1/52

6 Jan

Aan die einde van laas jaar was daar ‘n uitdaging aan die Afrikaanse Bloggers om die dinge waaroor hulle wonder neer te pen. Ek het gedink dit sal ‘n goeie idee vir ‘n reeks wees …. 1 per week vir 2009. ( Ek wil nou nie Johan se Ongelooflike Filosofiese Vraagstukke idee highjack nie, so moet asb. nie my silwer ponie kom skiet nie…… ek sien my gewonder in elk geval nie as filosofie nie :lol:)

Wel sonder enige verdere gebabbel – Deel 1/52

As Mamma en Pappa hulle kinders aanspoor en saamsleep om bakhand by die verkeerslig te staan, is dit tot hul voordeel omdat geld/kos vir basiese oorlewing bekom word……of word hulle tot hul nadeel in die bakhand groef ingedompel vir die res van hul lewens omdat hulle daadwerklik in ‘n bedel-kultuur grootgemaak word?