Archive | Julie, 2010

Vrydagskool…Kreatiewe Denke

30 Jul

Vandag is die klas interaktief… en gaan ek jou dwing om iets ouliks uit te dink om vanaand by die huis vir liefie te gaan sê, en wie weet, dit mag dalk daartoe lei dat jy ‘n slag slaan met ‘n hele naweek se sluwe, onderwater, gutterseks……

Hier is my bydrae:

Ek is nog altyd man, maar jy laat my voel soos super-man.

Die doel is om dit kort te hou, maar nog steeds baie te sê… kom kom, sit op daardie thinking caps en roep my sommer Cupid!

WEW….a van b

29 Jul

Vandag wonder ek hoekom is daar sekere dinge wat my nie verbaas nie….

Die sokker wêreldbeker se stof het net gaan lê en die hele land wil staak vir meer geld. Ek dink dit is sommer kak dat 200,000 staatsdienswerkers vanoggend kan laatslaap terwyl ek op kantoor sit. Poepholle.

Musikale Spele…Hallelujah

28 Jul

Daar is min songs wat my tot in my siel raak soos Leonard Cohen se Hallelujah. Dis juis die rede hoekom ek hom vir Musikale Spele gekies het. In my soektog na videos was ek baie verbaas om te sien hoeveel keer die song gecover is, wat net weereens ‘n bewys is van Leonard se geniale penvernuf.

Hier is die oorspronklike:

Ek het dit ongelooflik baie geniet om deur youtube te sif…. en het dus Hallelujah ‘n hele paar keer geluister (nie dat ek enigsins omgee nie) … en net daarom sal ons meer as twee deelnemers hê hierdie week:

Bon Jovi (Ek was totaal en al verbaas)

KD Lang (Haunting)

Alexandra Burke (Daai stem!)

Lee DeWyze (American Idol)

So ja… op julle merke… gereed… STEM!

Teach your children….

26 Jul

Ons kom elke dag met talle ander mense in aanraking. Somtyds net jou ouers, dalk broers en susters…. miskien onderwysers en maatjies. Dalk kom jy in aanraking met kollegas by die werk, of ander mense in winkels… ook die petroljoggie by die vulstasie.

Crosby, Stills, Nash & Young het die lied, Teach Your Children bekend gemaak in 1970. Definitief iets om na te streef, want elke ouer het die geleendheid om die fondamente, die basiese grondslag van menswees by hulle kinders tuis te bring.

Maar, vergeet ons as volwassenes iewers langs die pad dalk die lesse? Vergeet ons wat ons ouers en onderwysers by ons tuisgebring het?

Ons is verantwoordelik vir kinders se opvoeding maar ek dink daar word dikwels vergeet dat die beste manier van onderrig is, om te lei as ‘n voorbeeld.

Dink maar aan die basiese… Groet, asseblief en dankie. Glo my die vrou agter die kasregister waardeer ‘n vriendelike groet na 6 ure agter daardie til. En as jy jou sakkies by die pakker vat is ‘n dankie dalk al wat nodig is om daardie persoon se dag ‘n bietjie op te kikker (behalwe vir dei feit dat dit maar net goeie maniere ook is). Daar is absoluut niks fout met goeie maniere nie, en ‘n vriendelike woord kos jou absoluut niks…. veral as dit die voorbeeld is wat ons besig is om aan die kinders te stel.

Vrydagskool…Biologie

23 Jul

Partykeer kan mens net in wonder lees, en dan weer lees net om seker te maak jy het wel die eerste keer reg gelees. Die skepping waarvan ons deel uitmaak is ongelooflik, en vervul my elke dag weer met wonder.

Ontmoet vir Cataulacus Muticus (CM). ‘n Inskek. ‘n Miertjie.

Moog en Mauschwitz is twee navorsers wat hierdie spesifieke mier in die Maleise reënwoude bestudeer het. As die reën kom, soos dit maar gereeld in die reënwoude gebeur, kan jy jou voorstel dat ‘n mierkolonie diep in die kak kan wees. Hulle het geobserveer hoe die werkersmiere hulle blitsvinnig na die ingange van die nes sal haas, en hulle koppe teenmekaar in die opening sal druk om die water se invloei te stuit.

So ‘n “prop” is natuurlik nie heeltemal waterdig nie, en daar sal steeds ‘n klompie water instroom. Observasies met ander spesies miere is al gemaak dat die werkers dan hierdie water in hul bekke sal uitdra en uitspoeg, of selfs in druppeltjies op hulle rue sal uitdra. Hierdie gedrag is nie by die CM bespeur nie, en die navorsers kon nie uitpluis hoe hulle van die oortollige water ontslae raak nie.

Soos dit ‘n goeie navorser betaam, het hulle ‘n kolonie van hierdie miere saamgeneem en hervestig in hulle laboratoriums by Frankfurt Universiteit. Hulle het ‘n eksperimentele vloed bewerkstellig deur 2 ml geel gekleurde water by die nes in te spuit.

Skaars 20 minute later het die miere in massa die nes begin verlaat. Wat hulle waargeneem het was so ongelooflik, dat hulle die eksperiment ‘n paar keer herhaal het. Net om seker te maak dit was nie oëverblindery nie.

Na hulle die nes verlaat het, het hulle ‘n paar sentimeter wegbeweeg, hulle agterlyfies opgelig en die water ‘n druppeltjie op ‘n slag uitgepiepie. Dit het gemiddeld 3,030 piepies geneem om van die 2 ml water ontslae te raak.

Ek dink dit werk dieselfde met mense by ‘n partytjie. Sien die mens het nie net vlytigheid by die mier geleer nie. Dit bly die beste manier om van bottels en blikkies vol alkohol ontslae te raak.

 – Bron: Elephants on Acid and other Bizarre Experiments-