Archive | 7:42 vm

Balans

12 Aug

 

Happiness is not a matter of intensity, but of balance, order, rhythm and harmony

– Thomas Merten –

Soos Oom Ollie hierbo het ons balans in ons lewens nodig. Almal is nie net goed nie, net so is almal nie net sleg nie. Die truuk is om ‘n gesonde balans te probeer handhaaf terwyl jy streef om meer goed as sleg te wees.

Net so het ons gesonde balans nodig tussen wat ander van ons benodig, en wat ons onsself skuld. Daar is ‘n tyd vir pretvraat wees, en daar is ‘n tyd om verantwoordelik op te tree. Daar is ‘n tyd vir eet, drink en kuier; en daar is ‘n tyd om jou liggaam ‘n blaaskans te gee. Daar is ‘n tyd om jou moermeter te stook, en daar is ‘n tyd om tot 10 te tel en weg te loop. Daar is ‘n tyd om te huil, en daar is ‘n tyd om te lag.

‘n Gesonde balans in wat ons sê en doen is wat gaan help dat ons nie in die gat inbliksem nie.