In my strewe, en lewensreis na volwaardig menswees het ek nou al baie gedink aan gepaste maniere van hoe om jou vordering te meet. Daar is mos nou nie noodwendig ‘n skaal of liniaal wat jou menswees kan meet nie. Ek kannie myself in ‘n rekenaar inlees om sommetjies te maak nie…. maar hoe nou?
Toe dink en nou vanoggend aan ‘n gepaste manier om gemeet te word deur die mense met wie mens elke dag te doen kry. Jou familie, jou vriende en jou werkskollegas. Die petroljoggie en die dame wat by Spar tilslaan. Jou bure.
As jy nou, op hierdie oomblik die hede vir die ewige verruil, wat gaan hierdie mense van JOU as mens te sê hê nadat jou kisdeksel toegespyker is. Gaan hulle mooi woordjies spreek “want dit is die regte ding om te doen”, of gaan hulle sonder om te wonder of om te lieg, harte en monde hê wat oorloop van huldebetuigings.
As jy vandag geweeg word…. gaan jy te lig wees?
Ek dink nie ‘n mens is inherent net goed of net sleg nie. Maar dis ‘n goeie vraag… Hoe meet jy jou eie menswees en die groei daarvan?
Ek weet nie, ek slaan nogal deesdae vas op die idee dat ek wonder wat die mense om my van my spesifieke optrede gedink het. BV, ek sê nie dankie vir die pakker by die kasregister nie… dink daai persoon dalk “Sjoe, jy kort maniere!” ens.
Ek probeer regtig goeie maniere toon… maar as daai vervlakste vensterwassers met hulle botteltjies en windscreenwipers voor my staan… wil-wil ek hulle raak ry…en dan vergeet ek van my voorneme
Ek het ‘n vermoede dat daar langs my graf gejuig en gedans gaan word. 😉
Omdat jy dit so wil hê? Of is dit een van daai “Good riddance” situasies? 😆
Only the good die young en ek is van plan om blerrie oud te word.
😆
Ek is seker daar sal gemengde reaksie wees. Kan die weegskaal op daai middelpunt van balans stop?
Hy kan seker ja. Dis mens se eie lewe met eie besluite.
Nogal iets om oor te besin, ja…
Wat weeg ‘n siel? Ek reken dis agterstevoor/onderstebo – hoe meer jou ware worth as mens, deste (ligter) minder weeg jou siel. Wanneer ons ons kruise dra is dit meesal selfinflicted: onvergifnis, jaloesie, bitterheid, afguns – selfs met die ‘kleiner’ sondes : skinder, ondankbaarheid, wegkom by die kassier met ‘n Rand of twee, verlekker in ander se hartseer en/of ongeluk en mislukking, kort humeur ens… – belas ons ons eie siel en dra ons al swaarder – dis juis dan dat enige ekstra las dit soms net een te veel maak.
Interessante wyse van dink ja…
Mens word ongelukkig meer aan jou sleg dade geweeg as aan die goeie wat jy doen.
Maar moet mens goeie dade doen om ‘n goeie mens te wees?
‘Moet’ – nee. ‘Wil’ – ja.
O jinne, met my humeur en “foot-in-mouth disease” is ek dalk op dun ys 🙂
Bwahahaha
Laat my dink aan A Knights Tale. “You have been weighed. You have been measured and you have been found wanting.” Of so iets.
Dit maak nogal baie sin ja.
Kom ons wag maar en kyk hoeveel mense die moeite doen om jou begrafnis by te woon … 😉
Andersins vereis emosionele intilligensie dat jy elke dag selfbewus moet wees, en hoe jy ander mense behandel. Ek dink dit is hoe mense jou die meeste sal onthou.
Hulle beter in hulle honderde opruk, anders gaan ek by hulle spook 😆
Ek stem saam met daai bewustheid, en dit verg nie noodwendig goeie dade nie. ‘n Simpel dankie aan die pakker by die til mag vir daai persoon baie beteken as hy/sy ‘n kak dag het.