Brothers in Arms

22 Mar

Een van die min dinge waar ons nog ‘n keuse het in die lewe is assosiasie. Familie uitgesluit, kan jy nog kies met wie anders jy wil assosieer. Ek glo nie almal besef altyd hoe belangrik hierdie keuses is nie. Die lewe is nie soos ‘n facebook profiel waar almal om een of ander rede in hierdie kompetisie gewikkel is om soveel as moontlik “vriende” te akkumuleer nie.

Deur dik en dun…dit is wat jy nodig het. Die beste vriende is nie daardie wat in mooiweer jou drempel deurtrap vir rugby en braaivleis nie. Die belangrikstes is die vriende wat langs jou gaan staan en die sambreel gaan oophou as dit kak reën.

Vat nou weer vir Shaik. Hy het geglo hy het ‘n vriend in Jacob Zuma. Ongelukkig het Shaik die val gevat vir hul onderduimse gekonkel, en hy is nou ‘n veroordeelde misdadiger en Zuma is die president. Shaik het jare laas van sy “vriend” gehoor, en selfs sy broer (wat nog steeds ‘n lekker government job het) het hom eenkant toe geskuif. Ja, hy is ‘n misdadiger – maar die hemele weet, ek sou ook iemand wou panelbeat om van frustrasie ontslae te raak.

Die saak staan so: Jy het die keuse. Jy moet besef dat tye nie altyd maanskyn en rose gaan wees nie, iewers gaan jy ‘n kruk nodig hê. Jy moet besef dat as sy gaan assosieer met semels, die kans bestaan dat die varke jou eendag mag opvreet. Jy moet besef watter verantwoordelikheid dit van jou af behels om ‘n vriend te wees. Dit is ‘n tweerigting straat – Jy moet ook eendag die kruk wees, of bereid wees om die sambreel vas te hou.

Wees die vriend wat ander sal kies om saam met hulle oorlog toe te gaan, net soos jy die moet kies wat jy met jou lewe sal vertrou.

21 Responses to “Brothers in Arms”

  1. Vlam Maart 22, 2011 at 8:26 vm #

    Ek dink ek’s nogal goed met die semel-ding. (Kan my weghou daarvan.) Minder goed met die goeie vriend-ding. 😦

    Ag, nee, DMI. Hoe moet ek nou gaan slaap? 🙄

  2. leonvonmoltke Maart 22, 2011 at 10:17 vm #

    Ja, dis snaaks hoe dinge partymaal uitdraai…

    • demoerin Maart 23, 2011 at 7:16 vm #

      Yip – ‘n assosiasie kan jou in die verderf inly, en jou dan daar los om alleen te vrot.

  3. BB Maart 22, 2011 at 10:41 vm #

    Ek het my vriende baaaaaie nodig gehad die afgelope tyd… sadly kon ek nog nooit daardie tipe vriendskap aan hulle terugbewys nie 😳 maar somehow weet ek ook dat dit nie is wat vir hulle saakmaak nie 😕 Ek is nogal ‘n onvaste ‘kruk’ – daarmee bedoel ek, dat ek woeps-waps vinnig daar is om gou-gou uit te help, met alles in my vermoë, maar ek sukkel met die deursetting daarvan – miskien omdat soveel mense vir wie ek al wou steun seemingly hulle ‘probleme’ nooit regtig uitsorteer en afhandel nie – ek kan for the life of me nie myself belas met jou issues/probleme as jy verkies om dit vir weke, maande en jare met jou saam te schlepp nie. Of dit begin my verveel óf ek gee moed op met jou.
    Bygesê ek skree nie sommer om hulp nie. Die 2 dierbare krukke wat ek het telepateer op ‘n manier. Hulle daag soos skimme op en weet net, dis tyd vir help/raad gee ens. Daai is die tipe vriendskap wat jy koester.

    • demoerin Maart 22, 2011 at 11:07 vm #

      Nee man. As die tyd daar is, weet ek jy sal die een met die sambreel wees. Ek weet dit sommer net.

  4. toortsie Maart 22, 2011 at 3:51 nm #

    Ja. Dis n groot verantwoordelikheid. Ek dink nie jou vriende wil he jy moet hul goed uitsorteer nie. Eerder net dat jy daar is vir hul, hul liefhet met foute en al.

    • demoerin Maart 23, 2011 at 7:17 vm #

      Yip, dit vat nie altyd iets doen nie. Stilsit langs iemand beteken net soveel.

  5. Son Maart 22, 2011 at 5:08 nm #

    Ek kies nogal met my familie ook met wie ek wil assossieer en wie nie 😉

    Ek wil die vriendin wees wat, as jy in die tronk beland vir k@k wat jy aangejaag het, dan sit ek daar langs jou en vra: “Hel pel, hoe gaan ons uit hierdie ene kom?!” 😈

    • demoerin Maart 23, 2011 at 7:21 vm #

      Nogal waar. Jy kannie die fandamily kies nie, mar jy kan kies of jy met hulle wil meng.

  6. Xena Phoenix Maart 22, 2011 at 7:28 nm #

    Daar is iewers ‘n gesegde dat jou vriend eintlik jou grootste vyand kan wees.

    Dalk moet Shaik ‘n boek skryf.

    • demoerin Maart 23, 2011 at 7:18 vm #

      Ek sal nogal so ‘n boek like – maar om een of ander rede glo ek nie ons sal ooit so ‘n boek sien terwyl Zuma president is nie.

      • toortsie Maart 23, 2011 at 8:20 vm #

        Dit maak nie saak wie daardie boek sal skryf nie… ek voorsien hy sal dood wees voor dit gedruk is. Tensy hy doodstil daaroor bly en dit in China laat druk en op ‘n manier versprei sonder dat die hogeres dit agterkom.

        • toortsie Maart 23, 2011 at 8:20 vm #

          Hy moet dit eers in die buiteland versprei…

  7. PlaasJuppie Maart 23, 2011 at 10:34 vm #

    An acquaintance is somebody you can get stuff from, a friend is somebody you can give stuff to.
    ‘n Vriend sê nie “maar jy moes net gepraat het” nie, ‘n vriend weet wanneer die donkerbruin die waaier gaan tref en staan reg met ‘n sambreel, want ‘n vriend stel genoeg belang om te weet wanneer dinge in jou lewe skeefloop.
    En hier moet ek met Beebs verskil, maak nie saak hoeveel keer jou vrinne opmors met dieselfde issues nie, a ware vriend sal elke keer daar wees om te help (dit beteken nie dat jy nie ‘n goed gemikte kopklap of gatskop mag uitdeel nie)
    En hoe meer sulke vrinne jy het, hoe ryker is jy.

    • demoerin Maart 23, 2011 at 11:08 vm #

      Yip. Rykdom in ware vrinne. Deur dik en dun, al is dit soms nodig om kwaai met mekaar te wees.

      • demoerin Maart 23, 2011 at 11:09 vm #

        Oooo, ek like dit. Om kwaai te wees met ‘n ware vriend, beteken nie julle is kwaai vriende nie.

    • BB Maart 24, 2011 at 7:28 vm #

      Ek praat darem van iemand wat aanhou met ‘self-inflicted’ keuses en issues, ja? Fyn lyn…
      ag maar ‘is lekker om te weet jy sal lank genoeg stilstaan virre g@tskop :mrgreen:

      • PlaasJuppie Maart 24, 2011 at 8:14 vm #

        Is al ons issues nie maar op die ou einde self inflicted nie?
        Gatskop is cool, hardegat et al 😉 maar my dokter het gesê geen kopklappe vir ten minste 3 jaar nie. My Lyfie tel die dae :mrgreen:

  8. meermin Maart 23, 2011 at 1:39 nm #

    Ek persoonlik het net ‘n handjie vol OPREGTE vriende, ek glo mens moet jou vriende deur dik en dun bystaan, liefde, haat, trou, egskeiding, maak nie saak nie, ek is daar vir al my vriende, no matter what! Ek steek ook nie een van my vriende ooit in die rug nie. Praat ook nie sleg van hulle nie. Lief vir elkeen soos hy of sy is!! 🙂 SONDER OPREGTE VRIENDE EN WARE VRIENDSKAP, IS MENS MAAR ‘N RONDE NUL OP ‘N KONTRAK. 😉

    Lekker dag vir julle.

  9. Charms Maart 31, 2011 at 2:04 nm #

    Goeie vriende is goud werd maar so skaars soos hoendertande. Wat die fandamily betref – bloed is soms nie dikker as water nie.

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord