Archive | Lag Bietjie RSS feed for this section

Brrrrrrrr

8 Aug

Ek is nie aanmekaargesit vir koue nie. Ek kry nie maklik koud nie, maar hel hierdie laaste twee dae is nie pret nie. Ek dink daar is ‘n fabrieksfout met my interne verwarming. Ek kan nie glo daar is mense wat in Alaska, Kanada en Siberië bly nie. Ek kan nie glo daar is mense wat uit vrye wil op ski-vakansies gaan nie….ek dink my koffie moes vanoggend eerder Irish gewees het.

Schlong in die gras….

18 Mei

Brett Murray maak satiriese kunswerke. Een van hierdie werke het nou ‘n storm van epiese proporsies in die ANC se teekoppie veroorsaak. Die werk genaamd “The Spear” in die Goodman Gallery is blykbaar ‘n kunswerk van ons President Zuma, in ‘n klassieke Lenin uitbeelding..met een verskil…sy Presidensiële Juwele hang by sy gulp uit.

Al wat die ANC met hulle groot hoeha veroorsaak – is dat ‘n man met die naam Brett Murray wat tot gister nog onbekend was, nou wêreldberoemd gaan wees.

Lees voort

Al hoe meer ligte kante…..

28 Okt

So die ANCYL het dit gemaak tot in Pretoria. Nou wat presies bereik is met die 2 dae te voet gaan my verstand te bowe, maar dis dalk maar net ek, ek hou van dinge doen – nie droom van pie in the sky nie.

Kyk, daar kom soveel ligte kante aan die saak by dat die Long Walk to Economic Freedom al ampertjies soos ‘n princess-cut diamant skitter.

Kom ons begin by die JSE. Ek dink Julius en sy cadres kort ‘n les in ekonomie. Of iemand wat iets weet van die JSE om te keer dat hulle soos poepholle lyk. Maar dis te laat, Julius het klaar sy naam gat gemaak. Hulle het definitief geen idee wat die JSE is nie. Hulle het geen idee wat genoteerde maatskappye, aandele en die besit van ‘n genoteerde maatskappy behels nie. Dit is baie duidelik uit een van die punte op hul griefskrif te sien – Die ANCYL eis dat die JSE dadelik moet begin rykdom verdeel….rykdom wat hulle fokken waar kry vra ek jou met trane in my blou ogies?

Nou ja, dis baie edel van al hierdie dapper-stappers om al daai kilometers af te lê, sonder enige doel of positiewe uitkoms (behalwe miskien dat party van hulle ‘n kilogram om 2 afgeskud het – want hel weet, die meeste van hulle lyk nie of hul ekonomiese vryheid nodig het nie). Suid-Afrika kan nie in ‘n bubble oorleef nie. Daar is geen manier wat die land op sy eie genoegsaam kan groei om werkloosheid te bekamp nie. GEEN MANIER NIE. Ons benodig oorseese investering, en ek kan jou verseker, dat as ek ‘n Amerikaner met ‘n paar orige dollars was, het ek dit nie in ‘n land ingebring waar personeelkoste en elektrisiteit onbekostigbaar is nie, waar my personeel een keer ‘n jaar produksie gaan stopsit om in die strate te dans nie en sonder om eers te noem van die nasionalisering en grondherverdeling praatjies.

Julius, in sy ekonomiese agtergeblewe toestand, het dit natuurlik ‘n bietjie moeilik gevind om die volle pad te stap. Toe dit uitgewys word het sy ondersteuners natuurlik na die eerste grashalm gegryp en vuis in die lug uitgeroep dat dit bog is! Sulke waarhede is ‘n kapitalistiese sameswering om JuJu sleg (dalk ook vet en lui) te laat lyk in die oë van die ander comradethon stappers! Natuurlik het hy die hele ent saam met hulle gestap! (ek wonder of die meeste van hulle hom al in lewende lywe gesien het?). Ongelukkig het Julius hierdie stukkie van die nag se gebeure gemis (seker toe hy op ‘n sagte bed in ‘n hotel oornag het?), en toe hy met dagbreek sy ondersteuners se lof besing het oor hul deursettingsvermoë en stapetiek, het hy ook onverskoning gevra dat hy nie die die hele pad saam met hulle kon stap nie…. TJOP DELUXE.

Op daai ligte noot wens ek julle toe….(sjoe dit was lanklaas gedoen)…’n naweek gevul van hoek tot kant met die mees ongelooflike, sluwe, onderwater gutterseks denkbaar! (want daar is beter dinge te doen as om vir Malema te lag!)

May the 4th….

4 Mei
sit vis nobiscum

May the fourth be with you….

Luke… I am not your father. Chain-smoking is a bitch. Luke… I am your mother.

Smile in Afrikaans

16 Mar