Kind, Kinders, Duiweltjies?

26 Mei

Wonner ek toe nou gister, waar gaan dit alles verkeerd? Ons kinders word groot met ‘n warped idee van reg en verkeerd….en daarby ingegooi respekloos. My hare staan regop as ek hoor hoe kinders met die ouer garde praat, en dan nog as ek sien watter crap deesdae in ons skole aangaan!

 

Nou in die eerste plek dink ek die ouers moet wakker skrik. Kyk, jy MOET aandag aan die kinders gee. Daar moet tyd met hulle spandeer word om oor dinge te gesels, en nee, ons praat nie hier van die nuutste Disney movie of Hannah Montana, met of sonder al haar klere aan nie. Word daar in die ouerhuis tyd gemaak om dinge van reg en verkeerd te bespreek? Dit is tog in die vormingsjare wat ‘n kind soos ‘n spons is en al wat ‘n brokkie inligting is, letterlik in die hard-drive wegbêre.

 

Verder, en ek gaan seker met 500kg rotse hier bestook word, word talle van die bloedjies deesdae mos sielkundig gestraf. En ja, miskien as die dingetjie dieselle ding nou die eerste of tweede keer verkeerd doen, maar as dit die derde keer weer gebeur beteken dit obviously dat die sielkunde ding nou nie gewerk het nie, en dat ‘n pak slae op die horison behoort te wag. Ek was ook ‘n kind, en as nie geluister het nie, is ek goed gedonner….en ek dink ek is heel orraait, geen sielkundige afwykings en dies meer nie!

 

Liewe Ma en Pa, onthou net die responsibility kan nie op die onderwysers afgeskuif word nie. Dit is heel moontlik vanweë die feit dat kinders hulleself soos hooligans gedra, dat onderwysers ok nie meer belangstel nie…en o,ja, hulle mag ook mos nie meer lyfstraf uitdeel nie. En dan weet onderwysers ook nie meer deesdae wanneer ‘n kind ‘n mes of geweer gaan uitpluk nie!

 

Liewe Ma en Pa, vat jy nog jou kinders Kerk en Sondagskool toe? Daar waar daar actually mense is wat nog moeite doen om die reg/verkeerd saadjie in die kinders te plant. Daar waar daar nog mense buite die huisgesin is wat aan kinders kan staaf dat die lewenslesse wat jy hulle by die huis probeer leer, waar is?

 

Liewe Ma en Pa, dit maak nie saak wat jy dink nie, jou kinders is NIE engeltjies nie. Hulle is net so stout soos elke ander bloedjie daar buite. Dit is iets wat kinders nou maar doen, vat kanse, push the boundaries. Moenie jou blindstaar teen jou eie kind se gebreuke nie, probeer eerder iets daaraan doen. Jy mag dalk eendag jou oë uitvee en dan sit jy met een van ‘n alla Waterkloof-groepie.

 

En ja, baie mense sal seker sê, “Wat weet jy wat nie kinders van jou eie het nie?” Ek weet dit is moeilik met die feit dat Ma en Pa deesdae moet werk. Ek weet dit moet makliker wees om die TV of playstation aan te skakel om die kinders besig te hou, terwyl jy unwind. Maar wat ek ook weet is dat ek dankbaar is vir my Ma en Pa wat moeite met my gedoen het, al was dit soms met die plathand, belt of paplepel. Wat ek verder ook weet is dat die kindjie aan jou toevertrou is, Pa en Ma, en dat jy jou allerbeste moet uithaal.

 

Dievolgende het gister gebeur. Ons was by ‘n partytjie by vriende se huis. Die twee dametjies van die huis, onderskeidelik 5 en 6, se klein niggies en nefies was ook daar. Hulle het almal kombuis toe gestorm toe hulle geroep word om pakkies skyfies te kom kry. Die tweetjies se hande wou ook natuurlik gryp, maar Pa het mooi uitgewys, “Your guests first”.

31 Responses to “Kind, Kinders, Duiweltjies?”

  1. meermin Mei 26, 2008 at 8:12 vm #

    Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was!! Vandag se kinders wil die ouers voorskryf van wanneer en hoe en en en, JAMMER by my werk dit nie so nie, jy vra my, jy vertel my nie!! Ek hou my kinders om die duim, nie hulle vir my nie!!! Kinders van vandag het geen maar geen maniere nie, wat het geword van oom en tannie, is dit dan nou skielik vloek woorde? Asseblief, dankie het verdwyn soos mis voor die son, hoekom, omdat die ouers te kak sleg geword het om die kinders te beheer, omdat jy nie meer jou kind mag tug nie, se gat, ek sal my kinders tug as dit nodig is!! Daar is ‘n moerse verskil tussen tug, en half dood donder!! ‘N PAK OP SY TYD IS SOOS BOTTER EN KONFYT! Lekker koue MAANDAG verder jou.

  2. Eendjie Mei 26, 2008 at 10:27 vm #

    Goeie inskrywing. Ek stem saam demoerin. Ek het ook die plathand ingelê as dit nodig was en is glad nie spyt daaroor nie.
    “And it paid off.” Vandag kry ek baie komplimente oor my kind se goeie maniere.

  3. Emil Mei 26, 2008 at 10:48 vm #

    Kinders kry nie meer pak nie! Ek stem met meermin – hier en daar is goeie rede om ‘n kind ‘n piets te gee. Hulle het gans te veel free reign. Kyk maar in watter situasie is Engeland nou met hulle juig.

    Maar dit is nie kinderspeletjies om in vandag se lewe kinders groot te maak nie.

  4. Pikkelik Mei 26, 2008 at 11:01 vm #

    O Demoerin, daar steel jy my post…. nou is ek demoerin!!! Maar ja, jy is steeds 100% reg. Sielkunde werk tot op ‘n punt en dan moet ‘n mens ongelukkig meer drasties raak. Time-out, afkoeltyd, staan in die hoekie, voorregte wegneem, you name it, dit werk ook net tot op ‘n punt.
    ‘n Goeie vriendin van my het mense oorgehad wat daar gekuier het. Die ma het op die bank gelê en sepies kyk. Net nou en dan so ‘n halfhartige: “Kosie ek tel tot drie! Een..Twee..Drie!” Na die soveelste keer het my vriendin haar toegevoeg: “Nee magtig, Kosie kan tel, donner hom!”

  5. demoerin Mei 26, 2008 at 11:15 vm #

    More almal, bly my sentimente word gedeel.
    @ Pikkelik…hahahaha…Kosie kan tel…hahahaha. Ons kan maar dieselle onderwerpe deel!

  6. Rustig Mei 26, 2008 at 12:23 nm #

    Demoerin ek sal help klippe terug gooi as hulp nodig het. Kinders wil groot mens wees, maar as die lewe te “tough” word dan pleit hulle hulle was net ‘n kind. So ou plat hand op die sitvlak werk goed op sy tyd. Probleem kinders is die resultaat van probleem ouers.

  7. Pikkelik Mei 26, 2008 at 12:25 nm #

    Amen Rustig!!!! Ware woorde… te veel probleemouers…

  8. TristonJ Mei 26, 2008 at 1:29 nm #

    Ek stem ten volle saam, en al moet ek dit nou self sê is Triston n baie gelukige, wel gemanierde kind en baie vriende en familie het al daar op gemerk… die rede in my opinie is dat ek staan sterk as ek nee sê is my nee dit, punt stop, en as daar nog daarna gestry word dan voel sy boudjies dit maar. Ek slat nie my kind onderstebo nie, ek moer of donner hom nie, ek gee hom n paksla nes die res van ons gekry het! Daar is niks soos n stoute kind tensy die ouers hom so groot maak nie! Probleem ouers – daar het julle dit nou op die kop geslaan!!

  9. Adrie Mei 26, 2008 at 1:32 nm #

    Al wat ek gaan se is dat pakslae ook net help op ‘n punt en partykeer glad nie.

  10. demoerin Mei 26, 2008 at 1:41 nm #

    Ek hou van julle verwysings na probleem ouers, dit is tog waar die responsibilty lê. En as die ouers verkeerd gaan, of versuim, in die opvoeding. Wel dan pluk hulle seker latte vir hulle eie gatte, maar wat dit erger maak is ander mense kom ook op daaglikse vlak met die kind in aanraking!
    @ Adrie, jong, as pak slae nie meer help nie, is daar seker te laat begin om dit uit te deel? Nou as pak slae nie help nie, gaan jy sekerlik verder hulp moet soek…maar ek dink ons kyk hier na ‘n klein persentasie!

  11. krista Mei 26, 2008 at 2:41 nm #

    1ste keer praat, 2de keer pakslae.

    Jy moet jou kind boundaries gee en hulle nie rondskuif soos dit jou pas nie.

  12. demoerin Mei 26, 2008 at 2:51 nm #

    Waar Krista, of die boundaries so nou en dan skuif om hulle te pas nie?

  13. Adrie Mei 26, 2008 at 3:05 nm #

    Ek stem saam met grense. Jy moet self gedissiplineerd wees om dissipline te handaf. En dit is wat met ouers verkeerd is. Ek glo jy kan goeie kinders he sonder om aan hulle te slaan. Maar dit beteken nie dat hulle nie gestraf hoef te word nie.

  14. Dellie Mei 26, 2008 at 5:09 nm #

    Wel, ek kan so bietjie uit ondervinding praat. Toe Seun nog kleiner was, het hy soms ‘n pakslae gekry, ja. As mens op daai punt kom waar jy nou KLAAR gepraat het! Hy het niks daarvan oorgekom nie, en dit het baie keer beter gewerk as ‘n sielkundige straf.

    Soos wat hy groter geword het, het die pakke natuurlik minder geword, want hy kon beter verstaan. Op 12 het hy sy laaste pakslae van sy pa gekry. Ek dink hy was so geskok omdat dit actually gebeur het, dat hom sommer vir jare reggeruk het!

    Van daar af, was dit sielkundig. As hy nie die reëls nagekom het nie, het hy voorregte verloor. Soos TV speletjies, rekenaartoegang, tyd saam met sy pelle. En dit het ons bly toepas, totdat hy nou hierdie jaar sy vlerke gesprei het. Soms was dit moeilik, veral as jy weet hy wou so graag ‘n party bywoon, en hy is gehok. Maar so het hy geleer om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade.

    Ek dink hy het nie te sleg uitgedraai nie. Nee ek lieg, hy het wonderlik uirgedraai, ek is moerse trots op hom!

    PS. Daar is vir jou ‘n vetkoek resep op my blog. 😉

  15. Wipneus! Mei 26, 2008 at 5:50 nm #

    My kinders het baie oulik uitgedraai, hulle het ‘n raps gekry as dit nodig was.

    Hierdie is ‘n paar goed wat ek die laaste tyd mee moes “deal”:
    Ouers los hulle kinders om op jou meubels te spring. Hulle hardloop die trappe op en af. Sand en klippe is in ‘n ander vriendin se swembad gegooi. My koi visse word van die wal af met klippe bestook. Hulle hardloop met taai hande deur die huis en jy moet omtrent spring clean as hulle weg is. (Jy het deesdae kalmeer pille nodig as vriendin en haar kroos kom kuier 😉 )

    Al hierdie goed gebeur terwyl Mamma sms’e op haar selfoon tik, en gesels asof haar mond môre toegewerk gaan word. Sy sit of haar boude vasgeplak is, en jy die gasvrou is doodmoeg na hierdie sirkus by jou kom draai maak het. Sy glo en dink dit is normaal dat kinders so mag optree!

  16. demoerin Mei 27, 2008 at 6:51 vm #

    @ dellie, jy verwag sekerlik nie ek moet self vetkoek maak nie?
    @ wipneus, dit is sad dat ouers so optree. Wonner net altyd of die kinders toegelaat word om so by hulle eie huis op te tree?

  17. Rustig Mei 27, 2008 at 9:33 vm #

    Gaan mens nie deesdae tronk toe in Suid Afrika as jy vir Sannie of Jannie se boude laat “blom” nie?

  18. TristonJ Mei 27, 2008 at 9:48 vm #

    nee dis n R5/600 boete en as dit nou nodig is sal ek n draai by die hof gaan maak en my straf geleld vooruit gaan betaal, maar my seun sal as en wanneer dit nodig is n raps op die boud kry.

  19. demoerin Mei 27, 2008 at 10:55 vm #

    @ Rustig en Triston, ek dink mens moet ook weet waar om die streep te trek. ‘n Goeie pak slae beteken nie noodwendig die bloed moet loop nie!

  20. KruidjieRoerMyNie Mei 27, 2008 at 12:17 nm #

    Mmm…Askies, ek gaan nou baie praat. Vier jaar terug sou ek volkome saam gestem het. Nou wil ek net sê kinders verskil. Terwyl pak vir my 1ste soos ‘n bom gewerk het, het dit net mooi sweet blou effek op die tweede (sterker persoonlikheid) kind gehad. Al wat help is om weg te neem wat hom na aan die hart is bv. sy vriende. Dis radical maar dis ongelukkig al wat met hom gewerk het en ongelukkig het hy dit by my gekry. Ek kan onthou hoe meer my ma my geneuk het, hoe kwater het ek vir haar geword en vandag is daar geen verhouding tussen ons nie. Wat ek WEL kan onthou is dat my pa my eendag kamer toe gevat het en met my gepraat vir 3 ure lank. Hy was streng maar daai gesprek was met respek hanteer en dit sal my by bly vir die res van my lewe. Al wat ek sê is ‘there are means and ways’ en pak is nie die alfa en die omega nie. (Terloops, ek hou van wat daai pa by die partytjie gesê het.) Wat die Waterkloof vier gedoen het en meer wat die gevolge van hulle dade was, het my man so ontstel, dat hy ons seuns (en hulle is maar 4 en 7 jaar oud) ingeroep het en alles vir hulle vertel het wat daar gebeur het. Hulle, so klein soos wat hulle is, het vir lank na hom geluister en hulle drietjies het daaroor gepraat want dis ‘n kwessie van verkeerde vriende, respek vir jou medemens en en en. Anyway, laat ons hulle nie oordeel nie, maar laat dit vir ons almal ‘n les wees wanneer dit kom by ons kinders, want ons dink ons doen hulle ‘n hengse guns om hulle alles te gee in die lewe. Minder boundaries ook en dis ‘n groot fout. Sometimes you have to be cruel to be kind. Jammer ek kaap jou post! maar ek het issues ok!!!

  21. demoerin Mei 27, 2008 at 4:33 nm #

    No problem Roer, dis mos waarvoor die comments opsie daar is.

  22. Fianda April 28, 2010 at 11:08 vm #

    My kind wil nie skool toe gaan nie en rook dagga saam sy vriende. Hoe op deesaarde los ek die probleem op

    • demoerin April 28, 2010 at 11:25 vm #

      Klink vir my soos ‘n gesprek vir met ‘n persoon by die skool hierdie.

  23. Gerrie Junie 4, 2010 at 3:18 nm #

    Weet jy ek dink jy het hom te min ge bliksem

  24. Stella Augustus 29, 2011 at 9:18 nm #

    En ek het 2 wat ek grootmaak(groot moet slaan?) Ek weet nie meer nie. Op 6 en 4 jr oud weet hul hopeloos te veel. Ek dog die probleem le dalk by hul ouers en na watter dvd’s hul toegelaat word om te kyk. AIKONA, dis by die skool. En hulle is nog babatjies!! Oorreageer ek, as n 6 jarige vir my kom se haar maatjies het seks gehad. ( het nie geweet sy ken die woord nie. My reaksie was nie goed nie,skok, woede you name it. Op my navraag kon sy aan my verduidelik. wat nou, verduidelik ek aan haar, en maak haar nog meer nuuskierig, of takel ek die skool?
    Ai Demoerin, ek is sommer ook Demoerin.

  25. Stella Augustus 29, 2011 at 9:23 nm #

    En ek het 2 wat ek grootmaak(groot moet slaan?) Ek weet nie meer nie. Op 6 en 4 jr oud weet hul hopeloos te veel. Ek dog die probleem le dalk by hul ouers en na watter dvd’s hul toegelaat word om te ky,as hul naweke gaan kuier. AIKONA, dis by die skool. En hulle is nog babatjies!! Oorreageer ek, as n 6 jarige vir my kom se haar maatjies het seks gehad. ( het nie geweet sy ken die woord nie. My reaksie was nie goed nie,skok, woede you name it. Op my navraag kon sy aan my verduidelik. wat nou, verduidelik ek aan haar, en maak haar nog meer nuuskierig, of takel ek die skool?
    Ai Demoerin, ek is sommer ook Demoerin.

    • demoerin Augustus 31, 2011 at 12:55 nm #

      Stella, dis ‘n sad ding die. Vriendin van my se graad 1 dogtertjie se klas het laasjaar les gehad oor HIV..en nie net sommer rofweg nie, in detail, hoe, waar, wanneer – die works! So dit kom dalk van ‘n les af daai!

  26. selma Mei 24, 2012 at 6:09 nm #

    Ek het als al probeer slaan werk nie hok enige iets hy hooR nog steeds nie en kan nie meer huis hou met hom nie. Sy pa werk weg en ek alleen met my kinders hy luister nie ek soek hulp asb ek oor weeg al om hom kinderhuis toe stuur of na ander plek dt hy net ore kan kry asb hy loop weg ook

    • demoerin Mei 25, 2012 at 7:15 vm #

      Selma, het jy al by die skool uitgevind van ‘n sielkundige? Baie skole het deesdae sommer een op die gronde wat kinders in pouse ens. sien. Daar is dalk iets wat pla, en waaroor hy voel hy kan nie praat met jou nie. Dit is moeilik, want ja, aan die einde bly hy tog nog jou kind. Is daar nie dalk ‘n Oupa of Oom, dalk ‘n onderwyser, of iemand waarna hy eintlik opkyk wat met hom kan praat nie?

  27. Tanja Maart 26, 2013 at 4:13 nm #

    Eish! ja nee kyk,vandag se kids word groot gebore. Ons het n dogtertjie van 8jr en sy het helemal hand uit geruk. Sy luister niks, sy jok, sy wil haar bepaal met grootmens geselskap en doen en late, sy trek gesigte, wys tekens, slaan trug, vloek. Sy is so hardegat ons kan dit nie meer handel, ons het al die pastoor hier gehad maar dus nie beter. Ons het al haar speelgoed, tv, dvds, lekkernye van haar ontneem, het al gestraf, hou op boud maar niks werk. Dit help vir n dag dan begin sy weer met haar konsert. Ons is al so raadop, ons weet nie meer hoe en watter kant. Kan enige iemand vir ons raad gee asb, dit dryf ons teen die mure uitttt!!

    • demoerin April 2, 2013 at 7:41 vm #

      Ek weet nie wat dit is nie…ek dink dit is gedeeltelik “Disney-Channel” virus, want hel as jy kyk hoe daai kinders met hule ouers praat. En al kyk jou kind dit nie, is hulle wel in kontak met maats by die skool wat dit wel kyk. Dit is asof die tienerjare skielik op ouderdom 7 begin, en dit is definitief nie oor die kos wat hulle eet nie. En sovêr as wat ek met ander ouers van 8-jariges praat, is ons definitief nie alleen in die bootjie nie. Die oplossing….hel ek glo nie daar is een nie; dalk net die hoop dat dit vinnig sal oorwaai.

Lewer kommentaar