Archive | 8:10 vm

Die week in ‘n neutedop

16 Mei

Nou ja, die week het demoerin weer heelwat uit die blogosfeer…en die nuus geleer.

Ek het baie geleer van die son, newels en dergelike goed in die buite-ruim. Baie interessant onderwerpe waarvan ek weinig min weet. Maar ek bly ‘n gewillige student.

Verdraagsaamheid, respek en hoop het weer groot gefeature die week. Ek het myself net weer herinner dat die feit dat jy verdraagsaam en hoopvol is, dalk somtyds bietjie naief kan wees, maar tog nie beteken jy staar jouself blind teen die realiteite nie.

Verder het ek geleer van interessant goed soos rhinofeem en dat ek die reaksie-tyd van ‘n cheetah het. Gelukkig nie ‘n slak nie, wat dit sou nou ‘n heel nuwe indentiteitskrisis laat ontstaan het. Golf, swinging en boobies het ook blykbaar heelwat met mekaar te doen….ek werk nog aan die een! Almal was ook wel so bietjie siek,siek,siek die laaste tyd en daar is vele rate, van medlemon en disprins tot gemmerbrannewyn en die goue ou vicks onder die voetjies.

Daar is mense met MOER baie geld in die wêreld. So baie dat iemand $33.6 miljoen vir ‘n prentjie van ‘n vet vrou, wat lyk of sy van ‘n bank afdonner, betaal het. Ek het ook vandag gelees dat DGS se probleem nie net moegheid is nie.

Van Marmite met ingeboude kaas, en dat DIY nie net te doen het met saag,spyker en screw nie. Daar was hekse op turbocharged besems wat ‘n staatmaker vriendin aan iemand anders is. Kies jou vriende goed, want die wat eg is sal berge vir jou versit! Dan is daar ook baie oor kos gepraat, en my magie begin al weer grom.

Kerm en kla en sommer net ‘n kommin gemoanery kom natuurlik. Ja, mense, natuurlik. Daar is niks daarmee fout nie en ons doen dit almal een of anner tyd. Ons maak ons breine lui deur altyd gepoon-feed te wil word, mensies, ons moet self bietjie dink en redeneer so af en toe! Die brein moet net so goed soos die ander spiere geoefen word!

Dan het ek amper die ander dag op die foon Gespring en die Waterkloof outjies gebel toe ek hoor Lazarus is gevind. Toe draai dit nou uit Steve te wees. Shame, vals hoop.

Ek het ook gesien hoe die stilstaan van ‘n kabelkarretjie voorblad nuus kan haal. Heeeee Haaaa! En hoe jy weereens ietsie so onbenullig in sensasionele nuus kan verander. Ook hoe xenofobia besig is om die nuwe “apartheid” te word. Aan die regering, ja, gaan voort en nooi almal die land in. Gee vir hulle huise en laat die maatskappye hulle vir laer lone aanstel. Who cares. Ons het maar net ‘n 25+% unemployment rate van ons eie. Die volk raak moeg vir leë beloftes.

Dan is daar egter ‘n poephol wat so ver kan gaan om vir Winnie, Mrs. Madiba, te kan noem. Hieroor wil ek nie eers uitbrei nie!

En Ricky, ek dank nog steeds die sterre en son, en maan en newels dat Tant Hessie se perd wit, en nie fokken swart was nie.