TSDS…. 4.Sloth

28 Mei

Sloth, van die Latyn acedia, sal ons sommer vandag label as luigeid. Ja, daai lekker ding wat jy wil doen as daar berge voor jou lê wat wag om versit te word. Die interessante ding is dat oorspronklik, toe sloth as een van die sewe doodsondes geklassifiseer was, het dit meer verband gehou volgehoue hartseer of melankolie ast ware. In hierdie tye was die verband dus direk met die feit dat jy heel moontlik nie elke God-gegewe dag geniet het en die gawes en vreugdes wat jou beskore was nie.

 

‘n Meer moderne seining is egter versuim. Versuim om jou gegewe gawes tot die beste van jou vermoëns aan te wend, en is dit ook die enigste een van die doodsondes wat aan die VERSUIM om lief te hê gekoppel word. Meer direk in moderne tye kyk ons na luigeid of indifference, ‘n ongewilligheid om iets te doen of om te gee. Dit lyk so vir my of hierdie die sonde is te doen met naasteliefde! Daar waar jy hand en voet jouself probeer oortuig om geen fisiese of spirituele werk aan te pak nie. ‘n Voorbeeld sal wees waar ‘n atleet die 100m naellope loop in ‘n tyd van 50 sekondes, dit is versuim om jou beste te gee!

 

Nou ja, daar is mos nou niks lekkerder as om so bietjie rond te lê nie. Niks te doen nie, veral as jy ‘n hele week by die werk besig was nie. Waar die probleempie nou in kom is as jy so erg rondlê, dat dit amper verstandelik in ‘n siekte oorgaan. Ja, die brein is ‘n wonderlik ding, maar gee hom genoeg van niks om te doen…en jy sit letterlik met ‘n Suid-Amerikaanse Sloth op hande. Hy wil, maar hy wil ook nie! Of die effort raak so groot, dat jy dalk elk geval maar net weer terugsit! Een van die eerste dinge waaraan ek vanoggend gedink het is…Gaan kyk na die mier luiaard!

 

Benjamin Franklin het gesê

“Diligence overcomes difficulties, sloth makes them.”

Snaaks hoe vinnig mens somtyds wil opgee as alles nie smooth sailing is nie. Ek het slegte nuus vir jou, niks wat die moeite werd is gaan ooit uit die lug uit in jou skoot val nie! Volharding in jou aangepakte taak gaan vrugte afwerp.

 

Horace het gesê

“That destructive siren, sloth, is ever to be avoided”

Die kuns blykbaar is om besig te bly, sodat die luigeid nie vashouplek kan kry nie. Sekerlik moeilik maar ek dink lees en History channel is genoeg ontspanning sonder om ‘n luiaard te wees. Kyk as daai luuiaard ding jou eers gryp, klou hy blykbaar soos kaka an ‘n wolkombers!

 

Anne Frank het gesê

“Laziness may appear attractive, but work gives satisfaction.”

Is daar ‘n lekkerder lekker as om terug te staan en a job weel done te bewonder. Daai wonderlike gevoel van accomplishment? Dit is seker een van die beste highs wat jy kan kry sonder om jouself aan alcohol en dwelms oor te gee. En die beste ding is, dit is blywend….jy het nie oor ‘n paar uur weer ‘n fix nodig nie!

 

David Dunham het gesê

“Efficiency is intelligent laziness.”

Nou kyk, ek wil nou nie sê gaan sloof jou af in die graf in nie. Die kuns van besig bly is ook om dit op ‘n slim manier te doen. Weereens kom on shier terug na die God-gegewe breinkrag..deurdink eers wat jy wil doen….baie keer is daar ‘n makliker manier. ‘n Manier wat jou nie so vinnig gaan wil laat opgee nie.

 

Benjamin Franklin het ook gesê

“Laziness travels so slowly that poverty soon overtakes him.”

Ek het nog nooit gedink dat armoede so direk aan luigatgeid gekoppel kan word nie, en ja, daar moet sekerlik ander sosio-ekonomiese faktore ook wees. Maar kom dit nou nie maar terug na jou luigeid om hard te werk, jou luigeid om jouself te wil verbeter en jou luigeid om te soek nie. Party mense soek mos om nie te kry nie, dit is mos lekker om heel dag terug te sit….terug by die wolkombers!

 

Ek dink aan wat DGS laas week gesê het oor werk. Werk het nog niemand doodgemaak nie en ek wonner of kinders nog hier uit hul ouers se voorbeelde leer oor die wondere van skouer aan die wiel sit.

 

Benjamin Franklin het die volgende waarskuwing:

“Be temperate in wine, eating, girls and sloth; or the gout will seize and plague you…”

 

Lekker werk!

16 Responses to “TSDS…. 4.Sloth”

  1. Gatvol Mei 28, 2008 at 8:48 vm #

    Sies vir jou,man. Nou voel ek skuldig.

  2. Pikkelik Mei 28, 2008 at 9:20 vm #

    Oi – laat sak ek my kop nou tot amper op my knieë. Maar bygesê daar is nie veel tyd vir sloth met ‘n kleuter en ‘n baba in die huis nie. 💡 Ek wonder nou net, as ek nou gaan koffie drink saam met vreeslike dors vriendinne èn ek betaal vir die koffie en ons sit en lui wees, sal dit nou ‘produktiewe sloth’ genoem word…. 😀

  3. meermin Mei 28, 2008 at 9:31 vm #

    demoerin werk maak mens juis nie dood nie, ek het nog nooit gehoor van iemand wat hom of haar dood gewerk het nie, ja mens word moeg as jy so hard moeg, jy voel doodmoeg, jy gaan slaap en guest what jy word weer wakker en voel springlewendig!! Ek is so bly ek is nie so lui mens nie! Demoerin die ander ding wat my gat se deksel is, mense wat dink hulle is beter as ander veral die rykes!! Het jy al ooit ‘n lykswa gesien met ‘n trailor? Jy vat niks maar niks saam jou graf toe nie!! Alles wat mens besit is aardse goed! Lekker dag vir jou!!

  4. Wipneus! Mei 28, 2008 at 11:14 vm #

    Ek het hierdie inskrywing nou geniet. Lui mense maak my wild.

    Ek werk lekker hier en jy? 😆

  5. Dellie Mei 28, 2008 at 11:22 vm #

    Geez, ek is bietjie skuldig aan hierdie ene oor naweke. 😯 Ek kan behoorlik lê en “vrek”. Met oorgawe.

    Maar in die week werk ek hard, bly besig, en dis baie lekker. So dit balanseer darem seker weer die skaal.

  6. Rustig Mei 28, 2008 at 12:52 nm #

    Werk maak nie dood nie! Seker nog ne piramiede gebou nie.
    🙂

  7. Leon Mei 28, 2008 at 12:54 nm #

    As ek nie meer as een deadline op ‘n slag het nie kan ek nie werk nie. Hoe meer stress, hoe beter en vinniger werk ek maar dit tel ongelukkig erg teen jou op psigiese wyse in die moderne lewe. Soms kry ek daai uitbrand gevoel maar ja werk wat klaar gedoen is laat jou goed voel en fisiese werk eintlik nog meer….nie dat spit i die tuin my gunsteling tydverdryf is nie…Ek noem dit my bydrae tot werkskepping onder die minder bevoorregtes ! Goed gedoen Demoerin. Ek lees jou weer raak later.

  8. Adrie Mei 28, 2008 at 12:55 nm #

    Ek het al luiheid in produksie ontwikkel. Alle slim mense is lui.

  9. demoerin Mei 28, 2008 at 1:35 nm #

    Ja-nee, balanseer maar daai skale…hahaha
    Nee Adrie, ons noem dit efficiency!

  10. demoerin Mei 28, 2008 at 1:36 nm #

    @ Leon….agteroor sit en kyk hoe iemand anders spit met ‘n bier in die hand is relaxation, dit tel nie onder lui nie!

  11. netjane Mei 28, 2008 at 4:14 nm #

    Ek’s nogal skuldig aan hierdie sonde, maar ek stem saammet Adrie! 🙂

  12. Emil Mei 28, 2008 at 4:27 nm #

    Daar het jy geboei gehad in die loop van die storie en toe … “be temperate in wine, eating, girls …”

  13. rosalindfranklin Mei 29, 2008 at 6:51 vm #

    Maar natuurlik kan mens doodgewerk word, die gulags in Siberie, die verskeie konsentrasiekampe en die brug oor die Kwai-rivier spring in my kop op, maar daar is meer voorbeelde 🙂

    Ag daar is niks so lekker soos om ‘n boek te le en lees nie en dan later om te draai en te sloth-slaap. Njam.

    Om skuldig te voel is een van die skuldgevoelens waarvan ek al lankal nek-omgedraai het.

  14. demoerin Mei 29, 2008 at 7:15 vm #

    Nee hel Rosa, ons praat nie hier van “slave” labour nie. “sloth-slaap” ek like dit! haha

  15. demoerin Mei 29, 2008 at 7:16 vm #

    @ Emil…wat kan ek sê, daar is obviously wyse manne daarbuite wat kan praat uit ondervinding..hahahaha

Trackbacks/Pingbacks

  1. Luiheid « Dorings en soms Rose - Oktober 13, 2008

    […] 13, 2008 Demoerin het mooi prentjies geteken hoekom luiheid ‘n doodsonde is.  Van al die ander wat hy beskryf […]

Lewer kommentaar