Archive | 11:37 vm

TSDS…. Annex 9 – Abortion

9 Jul

Met die spesifieke noem van hedendaagse sondes wat spesiale vernoeming nodig het, slaat ons nou vandag nommer 9, Aborsie. Nou ek is seker almal sal saamstem dat die ‘n baie sensitiewe sakie is, wat veral headlines gemaak het in die laaste paar jaar na die goedkeuring van wette vir aborsie.

Die sad ding is, en hierdie stuk is bloot eie opinie, is dat ek nie kan sien hoe daar ‘n algemene aanvaarding deur die wetgewers toegepas is nie. Dit beteken dat enige meisie of vrou by ‘n goedgekeurde verpleegster die aborsie kan ondergaan. Nou hoekom meisies van bv. onder 14 jarige ouderdom met die probleem sit gaan my verstand totaal en al te bowe.

Is hulle op tween ouderdomme nie veronderstel om nog met maatjies en poppe te speel nie? Is die seuns van hierdie ouderdomme se reaksie op ‘n meisie soen, nevermind iets anders, dan nie nog steeds JIGGGG nie?

OK, kom ons kyk na die geheelbeeld vir ‘n rukkie, en ons sluit nou alle members van die vroulike geslag in wat van hul probleempies deur middel van aborsie wil ontslae raak! Sekerlik is daar opvoeding daarbuite, en ek verneem op skoolvlak ook, oor die gebruik van voorbehoedmiddels. Die seuntjies en dogtertjies op skool word geleer van die Pil en kondome. Is dit maar net nog ‘n voorbeeld van hoe ongeinteresseerd sommige leerders deur die skool gaan?

Aan die anderkant kan onderwysers sekerlik ook nie verantwoordelik gehou word vir waar die ouers faal nie. ‘n Kind, in die sorg van ouers, is tog primêr die verantwoordelikheid van hul ouers. Ek is bevrees daar is ‘n algemene morele verval in die samelewing van vandag, en ongelukkig dink ek baie “probleemkinders” se ouers is die wat opgeslip het sover dit kinder-misdadigers, tienerseks en dies meer aangaan.

My punt is dus, as jy konsensuele seks gehad het, ongeag jou ouderdom is dit moord om daai baba te laat aborteer! Die feit of jy vir ‘n kind kan sorg, of dat jy self nog op skool is en jou toekoms is nou in sy moer in, is dingetjies waaraan jy moes dink voor jy jou bene oopgemaak het!

Ek neig egter om in gevalle waar verkragting was, saam te stem dat aborsie heel moontlik die beste emosionele uitweg gaan wees, om daai vrou te help met genesing. Ek dink egter in die geheel, sover aborsie-syfers aangaan, gaan die as nagevolge van verkragting ‘n uiters klein persentasie uitmaak.

Om af te sluit wil ek ‘n speek in die wiele indruk: Wat nou as die fetus gediagnoseer word met ‘n ongeneeslike siekte?