Archive | 6:58 vm

Dinsdag Rymelary….

15 Jul

 

Die Rou in die As

 

Vrae in my gedagtes; nou amper drie jare.

Vrae oor hoekom, waarom en wat as?

Gebrandmerk as keur van die perfekte pare,

Lê ‘n toekoms nou verbrand in houtas.

 

Die prag van jou beeld bly vir ewig perfek,

Gevang vir alle tyd, inne gekleurde prentjie. 

Maar hoekom met my deel die vreugdvol effek,

As ek jou nie eers kan vashou ‘n bietjie?

 

Almal vertel van hoe net die tyd kan genees,

Maar voor my ontwyk dit nog soos ‘n skim.

Deel ek nog daagliks in daardie dagse vrees

As ek saam met jou in daardie kiekie klim.

 

So ‘n onbesonne daad van wapen geweld,

Wat jy vrou-alleen moes probeer teëstaan.

En vêr weg was die dag jou witperdheld,

Wat nou slegs verweite kan stort met traan.

 

My dae en ure is steeds onherroeplik verander,

Nie net deur dood, ook deur jou prag lewe.

In siel nog gebind soos vinkel en koljander,

In ‘n plek waar lewensdrome nog strewe.

 

Ek sal jou elk dag vir altyd onthou,

My heldin, die eienaar van ‘n hart wat rou.