Archive | 7:07 vm

TSDS…. Annex 11 – Pollution

23 Jul

Dit is middel winter en die sonnetjie steek sy kop uit op die horison. Die son lyk egter bietjie dof vandag want die rook hang soos ‘n kombers oor Johannesburg. En Suid-Afrika word gesien as een van die mees verantwoordelike lande sover dit omgewingssake aangaan!

 

In die laaste eeu het die wêreld groot spronge in vooruitgang gemaak. Die wêreldpopulasie word al groter. Daar is meer fabrieke, meer huishoudings, meer voertuie en meer industrie. Met die groei van die wêreldpopulasie en die gepaardgaande, het besoedeling ‘n uiters groot probleem geword.

 

Die mensdom se vooruitgang kan dus uiteindelik hul ondergang beteken.

John Trapp het dit so gestel:

“Pollution is the forerunner of perdition”

 

Gelukkig is daar al talle stappe geneem wêreldwyd, en word daar na verskeie alternatiewe gekyk, veral in die area van energie-ontwikkeling. Daai belangrike kragbron vir elektrisiteit, karre en industrie. Ongelukkig is daar heelwat internasionale reuse, bv in olie, wat baie geld sal verloor as alternatiewe die norm in plaas van die uitsondering word. Mens kan maar net hoop dat oë sal oopgaan, en die belangrikheid van die mens se voortbestaan as gevolg van die natuur, besef sal word voor dit te laat is.

 

Kapitalisme is uiteindelik afhanklik van jou verbruikers. Sonder verbruikers sal deur geen vraag wees nie.

 

Besoedeling word gewoonlik in ‘n aantal belangrike groepe verdeel. Die belangrikste van hierdie dan: Lug-, Water-, Grond-, Klank- en Radioaktiewe besoedeling. As daar na die groepie en statistieke gekyk word, blyk dit dat voertuie ‘n GROOT sondebok is. Voertuie dra nie net grootliks by tot lugbesoedeling nie, maar veroorsaak ook ongeveer 90% van die wêreld se klankbesoedeling.

 

Ontwikkelende lande, met groot bevolkings en nog groter uitvoermarkte, is dikwels aan die voorpunt van die probleem. Voorbeelde hier is China en Indië. Groot gedeeltes van Beijing gaan byvoorbeeld karvrye areas wees tydens die Olimpiese Spele, sodat die atlete vrylik kan asemhaal sonder die gebruik van maskers! Dit is kommerwekkend.

 

Die Blacksmith Institute is ‘n wêreldwye organisasie wat met die hulp van wetenskaplikes na plekke se veranwoordelikheid kyk ingevolge besoedeling. Daar word dan ook gefokus op areas waar die besoedeling die grootste gevaar vir mense inhou. Indirek dus alle lewende organismes. Daar word elke jaar ‘n “Dirty Thirty” lys van plekke vrygestel, wat nie net aangemoedig word om regstellende stappe te neem nie, maar ook deur kundiges van die instituut gehelp word. Myns insiens ‘n goeie idee as die mense gaan saamwerk.

 

2007 se Top 10 plekke in volgorde van die lande was soos volg, tesame met die mense vir wie dit in daardie area gevaar inhou:

Sumgayit – Azerbaijan – 275,000

Linfen – Sjina – 3,000,000

Tainying – Sjina – 140,000

Sukinda – Indië – 2,600,000

Vapi – Indië – 71,000

La Oroya – Peru – 35,000

Dzerzinsk – Rusland – 300,000

Norilsk – Rusland – 134,000

Chernobyl – Ukraine – 5,500,000

Kabwe – Zambia – 255,000

 

Met die moderne era, het moderne oorlogvoering in WWII sy verskyning gemaak. Die atoom is gesplit en die wêreld was in rep en roer oor nuwe moontlikhede! Teen ‘n duur prys natuurlik. Die wêreld se grootste nuclear disaster het buite Kiev gebeur by die Chernobyl stasie, 62 myl buitekant Kiev. Toetsing by die stasie het ‘n smelting van die reaktor se kern veroorsaak. Dertig mense is in die ontploffing dood en 135,000 is uit die area verwyder, maar die radioaktiewe stof wat versprei was, was die groot probleem. Die vrygestelde radioaktiwiteit was 100 keer sterker as die atom-bomme wat laat val is oor Hiroshima en Nagasaki. Meer as 20 jaar later is die 19 myl, uitsluitingsone nog onbeleefbaar.

 

Daar is egter groot pogings aan die gang om die Chernobyl reaktors te beveilig, aangesien die grootste gedeelte van die radioaktiwiteit nog in die stasie is. Daar is nog ongeveer 100 ton uranium en ander radioaktiewe materiaal, asook omtrent 2,000 ton ander hoogs-vlambare materiale. Die uitspel van ‘n enorme potensiële disaster!

 

Daar is egter Westerse kundiges wat die provinsie, Chelyabinsk in Rusland klassifiseer as die mees radioaktiewie besoedelde plek op aarde. Geen buitelanders is vir 45 jaar in die provinsie toegelaat nie. Eers van 1992 af is dit verander, en die redes was daar vir almal om te sien. Rusland het in die 1940’s ‘n atoomwapen kompleks met die naam Mayak gebou. Die mense van die area het in die afgeslote jare letterlik 3 radioaktiewe disasters deurgemaak.

 

Uit die kompleks is daar eerstens vir ‘n periode van 6 jaar radioaktiewe afval in die rivier ingepomp. 24 dorpe langs die rivier het hulle water daarvandaan gekry. Van die dorpe is ontruim oor tyd, maar nooit die 4 grootstes nie. Tweedens het een van die afkoel-sisteme van die afvalbeveiligings-eenheid ontplof. Nog 270,000 mense is blootgestel. Derdens het ‘n droogte Lake Karachay laat opdroog. Radioaktiewe afval is vir jare voor dit hierin gepomp. Storm-sterkte winde het die radioaktiewe stof oor ‘n area van 25,000km² versprei en nog 436,000 mense blootgestel.

 

Vir dekades was die mense geteister deur allerhande kwale van kanker tot ‘n groot persentasie gebreklike-baba geboortes. Dokters het opdrag gekry om nooit aan iemand die oorsake te gee nie. ‘n Baie sad situasie. Die siektes op pasiënte se doktorskaarte is gewoonlik met ‘n letter A,B of C aangedui. Net die dokters het geweet dit dui op radioaktiewe kontaminasie.

 

Die VN probeer ook verder sover moontlik alle lande intrek met die ondertekening van ‘n protokol sover verminderde koolstofmonoksied en ander gasse vrylating in die atmosfeer aangaan. Op ‘n konferensie in Bali in Desember 2007, is Amerika, UAE en Kanada vereer met die “Fossil-of-the-day-award”. Dit is ‘n sakkie steenkool met die lande se vlae in ter erkenning van daai lande so groot negatiewe effek op die wêreld-klimaat, en daarmee saam ‘n blykbare onwilligheid tot samewerking. Party mense wil net nie saamspeel nie.

 

Feit is, die wêreld sal drasties moet begin verander aan lewenstyle voor die plante, diere en selfs die mens net inskrywings in geskiedenisboeke gaan word. Daar is egter min wat jan-alleman kan doen sonder die ondersteuning van industrie nie. En daar is min wat ‘n industrie kan doen sonder regering ondersteuning nie. Industrie probeer  die vraag na produkte so vinnig en goedkoop moontlik bevredig, en daardeur groot winste vir hul aandeelhouers maak. Die regering smile weer van oor tot oor, oor al die lekker belasting wat ingevorder word.

 

Dit is ‘n bose kringloop waar iemand ‘n knock gaan moet vat voor die vraag aspek van die sommetjie van die aardbol af gaan verdwyn.

 

Selfs Robert Orben het dekades gelede al die probleem geidentifiseer:

“There’s so much pollution in the air now that if it weren’t for our lungs there’d be no place to put it all”

Nou gaan ek gou-gou my deel bydra en ‘n sigaret rook.

 

Bronne: Wikipedia en The Blacksmith Institute