Archive | 7:34 vm

Ons beweeg in sirkels….

14 Jul

Ek haat dit om altyd te wil gal braak, maar iewers beweeg ons in sirkels en dit begin al lyk soos die ice-rink aan die einde van die dag. Daar word nie vorentoe beweeg nie, maar die stories en mooi woordjies word elke keer teruggegooi in die liquidizer. Die ergste van alles, is dat enigeen nog ‘n enkele woord kan glo wat uit Mbeki se mond uitkom rakende die Zimbabwe fiasko. Weetie wat Rusland gaan baat nie, miskien uit die onwettige wapenhandel…China weet ons ten minste het soveel in daai land ingepomp, sanksies sal baie bad wees vir hulle. Laat mens wonder of die openlike beskeming van malBob, nie bewys is dat daar veel meer mense is wat baat uit die onwettige wapenhandel as net Mugabe en sy Generaals.

En dan word Mbeki nog deur Mugabe geloof vir sy ongelooflike goeie hantering van die hele Zimbabwe saak en vir die feit dat hy nie ingegee het onder die bose westerse druk nie. Die twee is so in mekaar se gatte opgekruip, hulle gee nie ‘n vlieënde fok om oor die Zimmers wat honger gaan slaap of die 1500 MDC’s wat in die tronk gestop is nie, of nog erger die mense wat vermoor is voor, tydens en na die verkiesings nie. Ek wonder waar dink die poepholle kom die bietjie kos vandaan wat die Zimmers aan die lewe hou met voedingsprogramme? Zim se ekonomie is in sy moer in, en die swart-mark trade laat die jare 20’s en 30’s se bootlegging in Amerika soos ‘n Sondagskoolpiekniek lyk.

En wat is die antwoord aan die wêreld…. Ons is besig met praat, as ons klaar gepraat het gaan ons ‘n agreement teken dat ons weer sal praat. En as ons dan weer gaan praat…..

Wat vir my die ergste is, is dat my inteligensie, saam met die res van die wêreld sin, onderskat word met hulle strontstories. Die leuens het nou al so gegroei in statuur dat hulle dit self al glo as die waarheid. Ons is terug by die ou Afrika-probleem: As ‘n leuen genoeg herhaal word lyk hy aan die ou einde soos ‘n waarheid.

En intussen word die wêreld aan ‘n neusring in sirkels rondgelei.