Archive | 12:08 nm

Kiekies….

30 Jul

UPDATE: EK HET ONDERSKRIFTE BY DIE OOR DIE WATER KIEKIES BYGEBOEG

Julle sal sien daar is twee nuwe page-links hierbo. Ek sal hulle gereeld opdateer, op die oomblik seker op ‘n daaglikse basis soos ek deur my foto’s sorteer.

Geniet dit!

TSDS…. Annex 12 – Morally debatable scientific experiments

30 Jul

Sjoe, ‘n lang sinnetjie met NOG meer daaragter. In my lese oor die onderwerp het ek ‘n stapel vol inligting bymekaar gemaak. Dit gaan oor die volgende paar weke in ‘n aantal posts opgedeel word. Vandag val ons weg met:

Human Subject Research & Animal Testing

Human Subject Testing

Albei eintlik onderwerpe in hulle eie reg, maar ons wil ok nou nie tot Kersfees oor dieselfde onderwerpe aangaan nie. Die gebruik van mense as “proefkonyne” is nie ‘n hedendaagse verskynsel nie. Vanuit antieke tye is daar al voorbeelde. Deur die eeue heen is eksperimente uitgevoer op gevangenes, slawe en selfs familie en kinders. Daar is wetenskaplikes wat ook eksperimente op hulleself uitgevoer het.

Daar was natuurlik heelwat gevalle deur die eeue, en met die in gedagte, uiteeindelik streng regulasies oor die gebruik van mense in eksperimente en toetse. ‘n Paar noembares deur die eeue, en party sal jou hare laat rys was:

  • Eksperimente met inentings in die 1700’s met die gebruik van slawe. Edward Jenner het byvoorbeeld sy smallpox inentings op sy eie seun en kinders in die buurt uitgetoets.
  • In die 1930’s en 40’s het Brittanje honderde Britse soldate gebruik om die verskil in nagevolge van mustard-gas op die vel van blanke en indiërs te toets.
  • In Japan is daar vanaf 1932, tot na WWII, grootskaals geeksperimenteer op gevangenes. Dit het ingesluit vivisection, amputasies en toegediende epidemies.
  • In 1940 in Chicago is 400 gevangnes besmet met die Malaria virus, om nuwe eksperimentele medisyne te toets.
  • Gedurende WWII het die Nazi’s eksperimente op hul gevangenes uitgevoer. Gedurende Nuremburg is 23 dokters verhoor as nagevolg van die eksperimente.

Die Nuremburg trials het die Nuremburg Kode tot gevolg gehad:

  • Ingeligte toestemming is noodsaaklik
  • Eksperimente moet na dieretoetsing wees.
  • Die “risk” moet minder weeg as die verwagte voordeel.
  • Eksperimente moet deur gekwalifiseerde wetenskaplikes wees.
  • Daar mag nie fisiese of psigologiese lyding wees nie.
  • Geen eksperimente met dood of gebrekvormende gevolge.

Dit was ‘n hele mond vol, maar nog steeds het dit nie opgehou nie. Grootliks in Amerika, maar ook bv. in Swede is daar voortgegaan. Tot so onlangs as 2001, is die Pharmaseutiese maatskappy Pfizer oor die kole gehaal vir die moontlike toetsing van breinvliesontsteking medisyne op kinders in Afrika. Die groot probleem uit al hierdie voorbeelde was nie noodwendig die eksperimentasie met nuwe medisyne nie, maar die feit dat dit sonder die persoon se ingeligte toestemming gedoen is.

Ons kom later terug hierna.

Animal Testing

Nou hier kom ons by die groot morele panarie. Die gebruik van diere vir die toetsing van medisyne en kosmetiese produkte wat vir die mens bedoel is. Die groot probleem hier natuurlik is die totale onmoontlikheid van ingeligte toestemming.

Daar word geraam dar daar ongeveer, hold onto your hats!, 11 miljoen diere jaarliks gebruik word. En hierdie is net die “vertebrate”, in my oë die wat pyn kan ervaar. Uitgesluit uit die getal is dan die “invertabrates”, bv. die wurms en vrugevlieë.

Nou ons ken almal die kaal tannies in die boeke wat hulle beywer teen die gebruik van diere vir toetsing, en dan natuurlik ook die anti-pels bewegings.

Selfs in die tye, 300BC, het Aristotle al melding gemaak van die gebruik van diere in toetsing. Erasistratus, bekend as die “father of vivisection”, het toe ook al lewendige diere gebruik vir eksperimente. Deur die eeue is verskeie deurbrake gemaak met die toetsing op diere, of die gebruik van diere om gevolge te demonstreer. Die bekendste hiervan sekerlik:

  • Louis Pasteur en sy anthrax skape
  • Insulin geisoleer uit honde
  • Laika die hond wat die ruimte ingestuur is
  • Leprosy eksperimente met armadillos
  • Kloning van Dolly die skaap (kloning kom in latere posts)

Die ding wat hier die probleem is, is die pyn en lyding aan die diere toegedien, en dan die debat oor die kapasiteit van die dier om die ervaring te verstaan. Natuurlik ‘n taai toffie aangesien ‘n chimp nie net kan sê, Eina, jy maak my seer nie.

Daar is dan natuurlik allerhande wêreldwye regulasies, veral ten opsigte van grimering toetsing. Dit is al in ‘n hele aantal lande verban, en daar is groot druk op die agterosse om ook saam te speel. Onnodige lyding en die gebruik van so min moontlik diere is ook in die regulasies. As 11 miljoen so min moontlik is, wil ek nie eers weet wat die getal sonder regulasies sou wees nie. Die meeste van die diere word ook dan natuurlik van kant af gemaak na spesifieke eksperimente.

My oplossing:

Aangesien diere nie ingeligte toestemming kan gee nie, glo ek nie daar moet enige ons-weet-nie-wat-gaan-gebeur-toetse op hulle gedoen word nie. Ek glo dat die geweld-gevangenes, bv. moordenaars die keuse van teregstelling of mediese eksperimente gegee moet word. Dit sal ‘n paar miljoen van daai diere spaar. Moordenaars in my oë verbeur in elk geval menseregte. As jy iemand anders se lewe kan neem is jy nie ‘n mens nie. Die gebruik van mense, vir medisyne wat vir mense bedoel is, is seker ook meer van pas en dit skakel ‘n hele aantal “what-ifs” uit.