Archive | 7:21 vm

Yeah right….

28 Jul

Na aanleiding van die berigte in die koerante dat die Suid-Afrikaanse regering ontsteld is oor Amerika en die EU se verskerping van die sanksies. WANT DIE ONDERHANDELINGE GAAN DAN SO GOED!

Mense, ek is nie lus vir galbraak nie, maar ‘n ooreenkoms om te praat is nie in my boekies goeie vordering nie. Die mense staan nog steeds in toue om uit Zimbabwe uit te vlug omdat hulle nie kos het nie, terwyl die leiers by ‘n 5-star lodge onderhandelinge hou.

Is dit ‘n tipiese Afrika siekte…..Ek dink ek is slim, en daarom gaan jy my glo? Of, omdat ek nie regtig omgee nie, gaan ek sê wat ek wil? Of, …..fok weet.

Daar is niks erger vir my, as iemand wat my intelligensie onderskat nie. Ek is ook nie ‘n rocket-scientist nie, maar ek het wel meer as een werkende breinsel!