Archive | 7:47 vm

TSDS…. Annex 8 – Pedophilia

2 Jul

Eerstens dink ek dis bietjie rich dar die RK ‘n hoe-ha hieroor maak, veral na aanleiding wat menige seuntjie onder die hande van ‘n Priester moes deurmaak. Laat my altyd dink aan daai effek van as jy vinger wys en daar wys 4 terug na jou toe.

Noudat dit van die bors af is, is dit sekerlik nie so ‘n slegte idee van die RK om sekere sondes letterlik “under the spotlight” te plaas nie. Een van die dinge wat my ERG demoerin maak is as kinders seksueel gemolesteer word deur ‘n volwassene. Pedophilia, in die reg,  verwys gewoonlik na volwassenes wat seksuele voorkeur toon in kinders wat jonger is, as wat daardie spesifieke land se ouderdom van consent is. Dit is nodig om hier uit te wys dat die seksuele voorkeur nie noodwendig hoef oor te gaan in ‘n seksuele daad om as pedofilia geklassifiseer te word nie.

Asof dit nie genoeg is nie moes ek uitvind daar is selfs terme soos Nepiophilia, ook genoem Infantophilia, is wat verwys na die voorkeur vir babas en toddlers, ouderdomme 0 tot 3. Wat dit siek maak is dat dit wel moet voorkom as daar ‘n term daarvoor is!

Nou waar die ding vandaan kom, of waar dit eerste gebeur het is nie van belang nie. Daar is heelwat goed gedokumenteerde gevalle van die Romeinse en Griekse heersers wat seks met hulle kinder-salwe beoefen het. Ouers het hier hul kinders verkoop vir geld om te oorleef, of die kinders is gevange geneem in oorloë. Die Spartans, wat geeër word as sekerlik die beste weermag ooit, het babas wat gelyk het of hulle nie goeie soldate gaan wees nie van die kranse afgegooi, of in die veld gelos vir die wolwe. Kriminele oortredings teenoor kinders in Suid-Afrika is aan die toeneem, maar die Kinderbeskermings eenheid is ontbind.

Wie is die stem, vir die wat nie self kan praat nie. Pedophilia is maar net een van die onregte wat al vir duisende jare teen kinders gepleeg word. Die ou gesegde van kinders moet gesien en nie gehoor word nie, word heeltemal te veel deur die eeue heen letterlik toegepas. Kinders is in hulle onskuld uitgebuit, ouers het hulle kinders laat werk om geld te verdien. Snaaks genoeg, vandag 2 Julie, in 1819 het Brittanje eers die wet, in die Factory Act, neergelê dat kinders onder 9 nie in fabrieke mag werk nie en dat kinders onder 16 nie vir meer as 12 ure per dag mag werk nie.

Daar is dan natuurlik ook die mense wat totaal en al deur die windmeul gemoer is en rondgaan met Pro-pedophile aksies. Hulle wil hê dit moet erken word dat pedophilia nie ‘n sielkundige afwyking is nie, maar wel ‘n seksuele voorkeur. Ek is nou al gereed om te kots, en het noggie eers my breakfast gehad nie. No questions asked reg moet op die veroordeeldes toegepas word. Geen versagtende omstandighede moet eers oorweeg word nie, want almal probeer altyd een of ander kak rede aanvoer vir wat hulle verkeerd gedoen het. Ek gee nie om of jy as kind gemolesteer of gebliksem was nie! As volwassene het jy genoeg verstand om keuses te kan maak!

Liewe ouer, as ek sulke goed lees is ek aan die een kant nog bly ek is noggie Pa nie. Kriminele dade in alle vorms is aan die toeneem teenoor kinders en dit word gedeeltelik toegeskryf aan die wonderlike tegnologiese wêreld waarin ons leef. Vooruitgang bring in sommige gevalle saam met hom ondergang. Klets-kamers op die internet, Mixit en ander dinge waarmee kinders hulle besig hou gee aan die poepholle ideale geleendheid, en toegang tot informasie wat hulle nie voorheen so maklik kon bekom nie! Kinders kan nie goed genoeg bedag hierop gemaak word nie! Kinders is nie lewenswys en wêreldwys genoeg om altyd die kat goed uit die boom te kan kyk nie.

Dit is ‘n siek, siek wêreld.