Archive | 7:03 vm

Die week in ‘n neutedop….

11 Jul

So nog ‘n week het sy gat gesien, en ons is al amper halfpad deur Julie. En elke oggend voel ek so ek onwikkel ‘n anal glaucoma. Scary sê ek julle! Demoerin gaan aan die einde van volgende week bietjie in Athene baljaar so julle moet maar volgende week weer hierdie koerant kom lees! 😆

Met al die onlangse gebeure in die nuus rakende Zim, Malbob en onse geeerde Thabo, wonder mens wat die die buiteland se idee van ons is. Sukkel ons dalk so bietjie om nog trots te wees? Dan gaan verloor die donnerse Sprinkbokke ook nog, ten minste kan ek nog met trots sê ek is ‘n Bloubul ondersteuner! Het julle geweet Suid-Afrika het onlangs ‘n Tenpinbowling Masterkampioen opgelewer? Terselfde tyd wil ek ook net sê, Welkom terug in Afrika!

So gepraat van ons leierskap probleme. Dink julle Zuma sal beter as Thabo wees? Of is die algemene probleem met die politici dat hulle nie meer leiers is nie?

Wil ons nie somtyds te gou kla nie? Met die witbrood onder die arm, by wyse van spreke? Sien ons somtyds nog die silwerrandjie, of voel ons soos adrenalien-junkies op die mega-drop?

Die koue het dan ook met mening in die laaste week of so Suid-Afrika getref. Party van ons kla, maar ander verruil uit hulle eie die lekker hitte vir koue! So gepraat van koue, dis mos nou die lekkerste tyd en verskoning om jouself aan kos oor te gee! Hoe klink ‘n warm bredie met tuisgebakte brood?

Is jou muse dalk ‘n muis? Dalk is jou muis ‘n vlermuis? Ooit gewonner waar vlermuise deesdae wegkruip? Ek wonder nog steeds oor daai een? WTF?

Ai, ek het ook lekker teruggedink aan die kinderdae. Kinders was mos maar nog kinders, toe ons nog kinders was! Al daai lekker speletjies van bokinniehok, wegkruipertjie, albasters, kleilat & regdeur tot touchers! Onthou julle nog vir Nils Holgerson?

Sekere van die bloggers is op die oomblik in ‘n wedloop, ander maak of hulle besig is, en dan is daar die ander wat werklik op vakansie is. Lucky Bastards! 😆 Dalk het hy maar net in die black hole in verdwyn? Ek het weerrens besef die laaste week dat ek myself tussen ‘n klomp ooms en tannies in die blogosfeer bevind! Al ooit gehoor van blou-diesel? Terwyl ek nou so lekker jaloers is, daar is darem ‘n paar wat mooi met woorde kan speel. Take note Thabo & Kie, you can maybe fool other most of the time, but not yourself? Of kan jy? As jou uurglas uitloop gaan jy dalk nie maatjies oorhê om hom weer om te draai nie.

Verhoudings blyk ook gereeld deesdae kop uit te steek. Kyk, of jy nou man of vrou is, jy speel nie met mense se gevoelens nie! Wat het van die ware manne geword? Die manne beter op hulle passoppens wees! Ek dink die meeste van die probleme is net woorde lost in translation? Hoe goed ken jy jou partner?

Kyk, demoerin is nou maar eenmaal ‘n feitvraat. Ek wil alles van alles weet. Dankie aan die bloggers wat feite voer. Weet julle wie is Camille Claudel? Onthou julle vir Emily Hobhouse? Dan natuurlik is daar ook die lekker lees oor die son, maan en sterre. ‘n Lekker storie van studentedae is ook nie te versmaaie nie, ai, waar is daai dae toe jy gedink het jy het problems? Om ‘n man te wees het dan natuurlik ook sy voordele, ten minste wat nommer 1 aanbetref.

Demoerin gaan nou so bietjie sy TV-guide raadpleeg vir die naweek, want van te veel blogging mag ek dalk so opeindig! En vir die wat nog nie weet nie, daar is ‘n lekker party vanaand!