TSDS…. Annex 9 – Abortion

9 Jul

Met die spesifieke noem van hedendaagse sondes wat spesiale vernoeming nodig het, slaat ons nou vandag nommer 9, Aborsie. Nou ek is seker almal sal saamstem dat die ‘n baie sensitiewe sakie is, wat veral headlines gemaak het in die laaste paar jaar na die goedkeuring van wette vir aborsie.

Die sad ding is, en hierdie stuk is bloot eie opinie, is dat ek nie kan sien hoe daar ‘n algemene aanvaarding deur die wetgewers toegepas is nie. Dit beteken dat enige meisie of vrou by ‘n goedgekeurde verpleegster die aborsie kan ondergaan. Nou hoekom meisies van bv. onder 14 jarige ouderdom met die probleem sit gaan my verstand totaal en al te bowe.

Is hulle op tween ouderdomme nie veronderstel om nog met maatjies en poppe te speel nie? Is die seuns van hierdie ouderdomme se reaksie op ‘n meisie soen, nevermind iets anders, dan nie nog steeds JIGGGG nie?

OK, kom ons kyk na die geheelbeeld vir ‘n rukkie, en ons sluit nou alle members van die vroulike geslag in wat van hul probleempies deur middel van aborsie wil ontslae raak! Sekerlik is daar opvoeding daarbuite, en ek verneem op skoolvlak ook, oor die gebruik van voorbehoedmiddels. Die seuntjies en dogtertjies op skool word geleer van die Pil en kondome. Is dit maar net nog ‘n voorbeeld van hoe ongeinteresseerd sommige leerders deur die skool gaan?

Aan die anderkant kan onderwysers sekerlik ook nie verantwoordelik gehou word vir waar die ouers faal nie. ‘n Kind, in die sorg van ouers, is tog primêr die verantwoordelikheid van hul ouers. Ek is bevrees daar is ‘n algemene morele verval in die samelewing van vandag, en ongelukkig dink ek baie “probleemkinders” se ouers is die wat opgeslip het sover dit kinder-misdadigers, tienerseks en dies meer aangaan.

My punt is dus, as jy konsensuele seks gehad het, ongeag jou ouderdom is dit moord om daai baba te laat aborteer! Die feit of jy vir ‘n kind kan sorg, of dat jy self nog op skool is en jou toekoms is nou in sy moer in, is dingetjies waaraan jy moes dink voor jy jou bene oopgemaak het!

Ek neig egter om in gevalle waar verkragting was, saam te stem dat aborsie heel moontlik die beste emosionele uitweg gaan wees, om daai vrou te help met genesing. Ek dink egter in die geheel, sover aborsie-syfers aangaan, gaan die as nagevolge van verkragting ‘n uiters klein persentasie uitmaak.

Om af te sluit wil ek ‘n speek in die wiele indruk: Wat nou as die fetus gediagnoseer word met ‘n ongeneeslike siekte?

20 Responses to “TSDS…. Annex 9 – Abortion”

  1. meermin Julie 9, 2008 at 12:38 nm #

    dmi aborsie is MOORD! As die fetus een of ander ongeneeslike siekte het JA dan kan die fetus afgebring word, maar net omdat dit nou in die pad is, omdat jy jou bene oopgemaak het, NEE dit is MOORD!

  2. Pikkelik Julie 9, 2008 at 12:42 nm #

    Dit is en bly ‘n baie moeilike aangeleentheid. Wat ek nou gaan sê is ‘n persoonlike morele opinie en almal hoef nie met my saam te stem nie. Aborsie as gevolg van ‘ek wil nie die kind hê nie’ is verkeerd, maak nie saak of jy 12 of 52 is nie… Abortasie na ‘n verkragting kan ek verstaan al dink ek steeds dis moord, maar is ‘n siel nie alreeds vermoor deur die daad nie!… Verder, wil ek nie ‘n mening uitspreek oor aborsie omdat die kind gestremd, ongeneeslik ens is nie, bloot omdat ek nog nooit self in daardie situasie was nie. Ek weet egter ek het altwee my kinder lank na die 35 jaar ‘veilige’ ouderdom gehad en ek en my man het amnio’s en dies meer geweier omdat ons graag ons kinders wou gehad het, maak nie saak wat….

  3. Wipneus! Julie 9, 2008 at 12:42 nm #

    Ja hou toe daai bene girls 😉 whahaha

    Ernstig ek is nie ten gunste van aborsie nie. Maar natuurlik is daar uitsonderings op die reël wat jy alreeds genoem het.

    Dm, dogtertjies gooi deesdae op ‘n baie vroeë ouderdom hulle poppe eenkant toe. Hulle speel eerder met seuntjies 😆

    Ek is maar konserwatief oor die soort van dinge!

  4. Adrie Julie 9, 2008 at 3:22 nm #

    Ek veroordeel Aborsie as voorbehoeding sterk. Wettige moord bly moord.

  5. demoerin Julie 9, 2008 at 3:43 nm #

    Lyk my ons het ‘n algemene instemming hier!

  6. Rustig Julie 9, 2008 at 4:05 nm #

    Wat van “stapler” as voorbehoed middel. Goedkoop en alle skole het een as dit nie al gesteel is nie. Ek bly liewer stil oor die een. Want ek wil nou nie my eie bloedruk op jaag nie. Ek is enkel persoon omdat ek dit so verkies tot tyd en wyl. Breek my hart as mense die “probleem” in die drein afspoel. Hulle kan die bondeltjie maar vir my gegee het.
    😦

  7. Stefaans Julie 9, 2008 at 4:27 nm #

    Ek wil nou nie weer rassities klink nie, maar nou ja – is die aborsie wette nie maar verlig om die voorheenagtergeblydes (swart mense aka boois) te bevoordeel aangesien hulle spyker soos hase en dan nie weer die pa in die hande kan kry om te help kind grootmaak nie.. ek vra ma net.
    Dan is daar altyd probleem met die armste van die armes wat altyd die vermoë het om preggies te raak omdat hulle A) te doners stupid is om te weet daai deng spoeg babas uit B) te doners gesuip om te kondomise C) te arm om kondome of pille te kry ? Vir hulle wat gerape word is die aborsie wetgewing tog ook maar seker n blessing – maar ek stem..dis maar n moeilike topic om oor saam te stem

  8. Roer Julie 9, 2008 at 5:04 nm #

    Ek stem saam met Adrie. Ek het ‘n boek gelees oor ‘n meisie wat verkrag was, swanger geraak het en deur die hele emosionele proses moes gaan en natuurlik die groot besluit. Om te aborteer of nie. Sy het teen aborsie besluit. Dit het my met nuwe oE na hierdie tipe ding laat kyk. Boek se naam is The Atonement Child deur Franchine Rivers. Nodeloos om te se^, mens kan nie oordeel as jy nie self in die situasie was nie (verkragting).

  9. Rustig Julie 9, 2008 at 8:41 nm #

    Roer! Ek is so bly om iemand raak te loop wat Francine Rivers se boeke lees. Al Frank Perreti gelees? Ek glo dat liefde kan alles oorwin. Is moeilik met verkragting, tog voel hoekom die ongebore oordeel vir die daad. Is moeilike een.

  10. demoerin Julie 10, 2008 at 7:29 vm #

    Bly maar ‘n moeilike een, soos julle sê, as jy nog nie self die verkragting/pregnancy paadjie geloop het nie sal jy nie weet wat in so persoon se kop aangaan nie. Liefde kan sekerlik alles oorwin, maar wat gaan met daai kind na geboorte gebeur, as die Ma dalk nie emosioneel sterk genoeg is, en emosioneel genees is nie? Eish…taai toffie!

  11. Rustig Julie 10, 2008 at 9:34 vm #

    Ek glo dat in so geval dat dit dalk beter is om die “kaboutertjie” af te staan aan iemand wat graag ‘n kind wil hê. Daar is baie wat soek.

  12. Blixer Julie 10, 2008 at 9:37 vm #

    Ek het ‘n baie goeie vriendin wat ‘n patoloog is. Sy spesialiseer in pediatriese patologie en dan veral in fetale abnormaliteite. Sy het my al vertel van die menigte post mortems wat sy gedoen het op geaborteerde fetusse- wat volgens die ginekoloe se sonar erge afwykings het wat nie vereenigselwigbaar is met lewe nie. Dan as sy die post mortem doen is daar absoluut niks fout met die fetus nie- genetiese sowel as fisies! Die sondes van die vaders……..

  13. Roer Julie 10, 2008 at 10:13 vm #

    Rustig, ek verslind haar boeke! Sy’s awesome.

  14. Dellie Julie 10, 2008 at 11:36 vm #

    Dit bly vir my ‘n persoonlike kwessie. Dis maklik vir ons om hier op die kantlyn te skree dis moord, maar was jy al ooit in so ‘n situasie? Niemand kan ‘n opinie hieroor lug as hulle dit nog nie deurleef het nie. Daar is altyd ‘n rede. In JOU mind lyk dit dalk nietig, en oorkombaar, maar vir die girl wat in die situasie is, is daar nie uitkoms nie. Aborsie is dan die ENIGTE uitkoms. Verwag almal wat moord skree dat sy wonderbaarlik gehelp gaan word om hierdie kind groot te maak? Gaan JY haar kind grootmaak? Wat as die ma ‘n dwelmverslaafde is en in ‘n oomblik van helderheid besef daar is geen manier waarop sy hierdie kind kan grootmaak nie? Wat sou die toekoms vir hierdie kind inhou? Klaar afhanklik van dwelms met geboorte? Wie gaan haar aanneem, of gaan die girl maar self aansukkel en die kind blootstel aan haar lewenswyse? Watse lewe gaan dit werklik vir daardie kind voorspel?

    Ja, daar is wonderlike mense daar buite wat hierdie kindertjies ‘n heenkome bied. Dit ontken ek nie.

    Ek weet nie, ek worstel al vir baie lank hiermee, maar ek kon nog nie vir myself uitsluitsel kry daaroor nie. My eerste instink is om moord te skree. Ek dink my probleem is dat ek myself so in iemand se situasie kan plaas, dat dit moeilik is om sommer net te oordeel. As jy iemand ken wat dit deurgemaak het, haar selfverwyte, haar spyt, haar aanvaarding… dis ‘n ander storie, glo my. Staan in daardie skoene, dan praat ons weer.

  15. Adrie Julie 10, 2008 at 11:40 vm #

    Dellie

    Ek voel sterk daaroor dat elkeen verantwoordelikheid vir sy eie dade moet dra. 2 (or more) wrongs never made a right.

  16. demoerin Julie 10, 2008 at 11:56 vm #

    Stem hier met Adrie, as jy jou bene wou oopmaak, moet jy die verantwoordelikheid neem. Jy weet mos dat die gevolge van seks sonder voorbehoed ‘n baba kan wees!

  17. Dellie Julie 10, 2008 at 12:54 nm #

    Ek hoor wat julle sê, dis nie dat ek aborsie wil goedkeur nie. Maar dis baie kompleks vir my, ek kan nog nie net sê ek dink dit is moord nie. Ek ken rerig iemand wat hier deur is, en ja, sy MOES gedink het voor sy gedoen het. Maar die aborsie is klaar gedoen (op 6 wekw) en dis verby, en glo my, dit is nag vir haar op hierdie stadium. Miskien is dit net omdat ek so naby daaraan is, en soos ek gesê het, ek kan myself amper in haar situasie plaas… dis fokkken seer. Dit verwar my heeltemal. My common sense sê een ding, maar my hart breek vir haar…

  18. rosalindfranklin Julie 11, 2008 at 4:02 nm #

    Aborsie behoort na my mening nie as voorbehoeding gebruik te word nie. Mens moet die onderskeid tref,
    maar in sekere gevalle, voel ek persoonlik, is daar meriete vir aborsie en daardie besluit is die vrou se persoonlike keuse. Hier stem ek met Dellie

  19. rosalindfranklin Julie 11, 2008 at 4:04 nm #

    O en nog iets. Hoekom word die verantwoordelikheid altyd op vroue geplaas “hou toe die bene”. Dis 50-50. Seks benodig 2 mense. Hou daai ander ding in jou broek. Mens hoef nie die hele tyd soos hase op mekaar te spring nie.

  20. marie November 4, 2009 at 8:10 nm #

    Ek dink almal van julle veroordeel te gou. Ja, aborsie is dalk baie sad. Los die oordeel aan die Here. Net Hy sal weet hoekom en waarom. Is ons`e Vader nie die mees vergeewende Mens nie. ELKE keer wanneer daar n aborsie is moet ons eerder vir haar bid en nie oordeel. Glo dit of nie die Here is lief vir aborsie mense ook. OORDEEL IS OOK N SONDE

Lewer kommentaar op Wipneus! Kanselleer antwoord