Die week in ‘n neutedop…..

25 Jul

Vandag sal ons begin met die weerberig:

Moerse donderstorms met talle bliksemstrale in en om die blogosfeer. Dit alles veroorsaak deur  mense wat nie die ander bloggers kan respekteer nie. Ek is jammer, die reëls volgens my is nog dieselle 1) Ons almal hou van lag en satire en sarkasme, dit is totaal en al ‘n ander ding om ander mense persoonlik aan te val, veral sover dit erg persoonlike sake aangaan. 2) Ons almal hou ook van ‘n lekker redenasie en mini-debat of twee. Dit hou die brein aan die dink. Die feit dat jy nie met ‘n persoon saamstem nie, beteken weereens nie jy moet nou persoonlik raak nie. Daar is natuurlik ook ‘n paar verkillende maniere om die antwoorde aan te pak. Hier is twee, 1 en 2. Partykeer sit die strydbyl dan nog in iemand se rug, dus geen begrawe nou moontlik nie.

Ek weet nie of die poepholle net aandag, of in ander gevalle hits soek nie. Dit is flippen sad as blogging oor hits begin gaan. Dit het so ‘n tsunami veroorsaak dat onbetrokke bloggers sommer hulle moere wou vloer. ‘n Ander rede kan dan natuurlik indifference wees? Ek het hierdie week egter ‘n baie gepaste woord geleer. Uiters van pas hier! Moet nou net nie jou moer so erg strip dat jy jou eie huis wil afbrand nie. Ek verstaan noggie die nie.

En nou vir die week se nuus:

Voor dinge nou te ernstig raak, tyd vir ‘n grappie of twee. Of dalk drie…..hierdie een is belangrik, maak notas dames.

Die ander groot nuus die afgelope twee weke was die Bosparra-parra party in Centurion. Weens kak omstandighede kon ekkie daar wees nie. Mis dit nie weer nie! Oulike foto’s is geneem. ‘n Groot taak is toe deur die ruimtereisiger onderneem om ‘n soort van parra-plakboek te begin. Gaan kyk gerus, hier is heelwat kiekies van jou mede parras. Daar is ‘n hele paar posts met foto’s, so scroll maar af. Daar was dan ook ‘n gerug van ‘n J-bay party. Nie veel van ‘n Bosparras party as jy my vra nie, meer in die rigting van Bosslange!

Ek is al van kinds af lief vir lees. Dankie vir hierdie herinneringe aan Bollie en dies meer. So gepraat van kind wees, demoerin word stadig groot sover dit sekere sake aangaan. Toys, en dan natuurlik zoo toe gaan. Wat my hier bekommer is die waarskuwing om nie die diere te molesteer nie! Ek tog alle zoo-gangers is diere-liefhebbers?

So gepraat van diere, kan jy jouself in een van hierdie bokse voorstel dames? Ek is jammer, kon nie weerstaan nie. Hier is ‘n bossie blomme om op te maak. En net om goed op te maak, jou sterre. As julle mooi tussen die lyne lees sal julle sien alle Aquarian mans lyk soos Griekse gode en het die uithouvermoëns van marathon atlete. Seker maar die rede hoekom ek nog single is. Niemand kan my vang nie. Moeder kerm en kla ook gedurig oor kleinkinders, die maklike uitweg is dan maar vir haar om klein kinders aan te neem? . My pickupline werk okkie meer so lekker nie: Voulezvous coucher avec moi ce soir?

Party het net terug gekom van holiday, en party het teruggekom van oorsee. Ander verlei jou weer met foto’s wat jou lus maak om jou tassies te pak en op ‘n vliegtuig te spring. Ander is weer besig om te pak en kom op interessante goete af. Ek dink nog steeds die lyk soos iets wat in ‘n adult shop hoort.

Ek maak natuurlik geen geheim daarvan dat ‘n ‘n skop, skiet, donner en emmers vol bloed movie fan is nie! Die siekgeid van my maak my natuurlik die ideale kandidaat vir laksman. Kyk, ek het al idees in my kop wat Quintin Tarantino se Hostel Movies sal laat sleg lyk. Gelukkig vir die res van die mensdom toon ek nie die geneigdheid tot praktiese uitvoering nie. Kyk, as daar nou bewys is dat jy koelbloedig moord gepleeg het, glo ek jy verdien nie genade nie. As jy moor en ‘n ander persoon se reg om lewe wegneem, verbeur jy jou menseregte, want jy is nie meer ‘n mens nie. Ek wonner as die Afrika-buddy-presidente hulle oë oopmaak, of Malbob gearresteer sal word vir sy Crimes against Humanity? Nog ‘n crime vir my die week, was die uitbuiting van mense se geloof, en ja stupidity met die hele Benny Hinn saga. Hier is ‘n interessante blik op die onderwerp.

Dit is snaaks hoe almal deesdae in groepies wil wees, ‘n groeps-identiteit eerder as eie-identitiet nastreef. Mense, diversiteit is cool….die ander opsies is boring! Staan op in die oggend, kyk in die spieël en sê: Ek like jou.

Trek nou almal julle koffie nader, en vat ‘n paar minute om hierdie lekker gepende stories te lees. Aspoesterjie, Vlieë, Volksie, Skoolsusters en Baba-Jaga.

My wense vir een en elk is ‘n naweek gevul met sluwe, onderwater, gutter-seks!

18 Responses to “Die week in ‘n neutedop…..”

  1. Pikkelik Julie 25, 2008 at 7:20 vm #

    Voortreflik… Sommer so ‘n lekker lang uitgawe, dankie DMI!!

  2. Jaco Julie 25, 2008 at 7:45 vm #

    Vergeet van die koerant. Jou laaste lyntjie is aangrypend. Ek dink ek sal dit my naweek taak maak. Dis juis so lekker bewolk buite

  3. meermin Julie 25, 2008 at 8:08 vm #

    Lekker naweek vir jou ook! Ja nee ek sien dit is so bewolk, en koud, sal maar dvd’s lè en kyk sommer die hele naweek!!

  4. neykie Julie 25, 2008 at 8:11 vm #

    dankie tog , ek besef nou eers hoe ek dit gemis het. Weereens uitstekend…… 😉

  5. Wipneus aka Darth Vader Julie 25, 2008 at 8:16 vm #

    Tornados en Orkane is ook op pad!!
    Nou kan ek gou alles gaan opvang wat ek gemis het.
    Baie dankie Demoerin, jy bly die beste verslaggewer!
    Rosie se Skoolsusters was hillarious!!

    Ek wil asb van van Dm se neutedop gebruik maak om vir “iemand” ‘n boodskap te los:

    Ek soek jou en ek gaan jou kry!!! Jy gaan klippe kap vir die skade!!!

    Lekker naweek hou Demoerin en al my blogmaats

  6. Dellie Julie 25, 2008 at 8:19 vm #

    Geez, dankie vir daardie laaste mooi wens! 😯 😆 Dit behoort pret te wees… 😳

  7. krista Julie 25, 2008 at 8:28 vm #

    Weereens baie goed gedoen! 😀

  8. kaalvoetinireen Julie 25, 2008 at 8:45 vm #

    Excellent man!
    Gaan verseker lekker naweek hou 😉

  9. DGS Julie 25, 2008 at 9:20 vm #

    Hehe! Lekker wens daai een op die einde! Kan nie wag vir die naweek nie! 😆

    Enjoy!

  10. Roer Julie 25, 2008 at 10:39 vm #

    Dankie Mnr. die Redakteur. Hierdie uitgawe van Die Blogger was weereens baie informatief. Lekker naweek!

  11. Zee Julie 25, 2008 at 11:28 vm #

    Oulik, oulik!! Manlief sal daardie laaste wens van jou nogal geniet hoor! 😳

  12. lostong Julie 25, 2008 at 11:32 vm #

    Ek like jou !

  13. Emil Julie 25, 2008 at 12:46 nm #

    Ai die blackberry sukkel al weer. Lekker een DMI. Ek hoop na al die donder van die week is daar net die gutter seks die naweek. Jy ook, maat, maar onthou: be safe!

  14. BB Julie 25, 2008 at 12:54 nm #

    Soos lostong sê.. “Ek like jou” !! 😉

  15. Rustig Julie 25, 2008 at 1:35 nm #

    Weer mondvol soos gewoontlik. Gelukkig is dit regtig ‘n goeie ding om naweek te begin. Ek hou van die idieë van die links. Mens ontdek nuwe bloks en nuwe mense. Rustige naweek vir jou en almal hier.

  16. Sonkind Julie 25, 2008 at 1:59 nm #

    ONDERWATER, gutter seks!!!?? WAAAAR het ek nou weer my duikpak gebêre laas somer 😈 😆

  17. rosalindfranklin Julie 25, 2008 at 2:55 nm #

    demoerin….ons sal vir jou regtig ‘n ander pick-up line moet kry. ek is enstig. jou kanse vir sluwe gutter-seks met daai een is sowat 2%.

  18. Emil Julie 25, 2008 at 4:02 nm #

    😆 rosalind. In my beskeie opinie is daai wens van hom ‘n klassieke psigologiese projeksie! Of miskien nie, want daai wens klink eintlik heel lekker 👿

Lewer kommentaar